×
Skakel na Engels

Dís wat jy in ons Oktober-uitgawe kan verwag

Die pragtige Greay’s Anatomy-ster Ellen Pompeo is op ons Oktober-uitgawe. Ons gee vir jou 101 wenke om die beste braai ooit te hou en ons leer hoe borskankeroorwinnaars die uitdagings van die lewe hanteer.
oktober voorblad

Ons kuier by Ellen Pompeo

Die Grey’s Anatomy-ster wys eksklusief vir ons haar huis, waar sy in stylvolle gemak ontspan – kinders, honde en selfs hoenders ingesluit.

 

Die lewe ná kanker

Borskanker – ’n siekte wat een uit 33 vroue in SA raak  – was vir té lank soorgelyk aan ’n doodsvonnis. Maar vandag, 16 jaar in die 21ste eeu in, is daar meer vroue as ooit wat hierdie skrikwekkende siekte oorleef. Ons het met agt borskankeroorwinnaars gesels oor wat hulle gehelp het om hul nuwe “normaal” te vind.

 

101 heel beste braai-idees

Heerlike nuwe resepte en drankies, plus wenke om jou buite-kuierplek te versier.

 

Die son skyn!

Vul jou somerklerekas met hierdie gemaklike, vleiende kopies wat ’n bietjie hippiestyl met vrolike elemente kombineer.

 

Olivia Wilde se skoonheidsraak

Die Hollywood-ster, ma, skoonheidsikoon en Revlon-ambassadeur Olivia Wilde gesels eksklusief met ons redakteur, Sally Emery, oor haar skoonheidsgeheime, haar Suid-Afrikaanse penmaat … en die huishoudelike taak wat sy die meeste verpes.

 

Kan jou kind se skool regtig huiswerk afskaf?

Namate sommige skole huiswerk die trekpas gee, gesels ons met opvoeders om uit te vind wat dit sal verg om dit die norm in  alle SA leerlinge te maak.

 

WEN! WEN! WEN!

Wen ’n AMC-kookgereistel plus die AMC Cook’s Book ter waarde van R13 750!

 

Wen ’n Revlon Colorstay-geskenkpak ter waarde van 3 000!

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Suzelle DIY: Hoe om die lekkerste hamburger nóg te maak

Soos altyd is Suzelle se tegnieke effens anders as wat ons gewoond is, maar dit sal jou beslis tyd en...

Close