×
Skakel na Engels

Dís hoekom jy nie vir jou kinders by ’n winkelsentrum moet laat gaatjies inskiet nie

Want veiligheid kom eerste
gaatjies

Vir baie kinders is gaatjies in hul ore ’n belangrike mylpaal in die grootwordproses. Hetsy dit gedoen word terwyl hulle nog babas of al ouer is, dis belangrik dat dit veilig gedoen word sodat dit die minste moontlik fisieke en emosionele trauma veroorsaak. En dis hoekom jy nooit vir jou kinders in ’n juwelierswinkel of inkopiesentrum moet laat gaatjies inskiet nie.  

Dit mag dalk as ’n skok kom omdat baie mense al hul gaatjies op dié plekke gekry het, en dit was beslis die norm voordat inskietsalonne (piercing parlours) meer bekend geraak het. Maar hoewel dit dalk heel veilig en eenvoudig klink om die gaatjies tydens jul weeklikse inkopietog te laat inskiet, kan dit moontlik skadelik wees.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lees ook: Behoort jy foto’s van jou kinders op Facebook te plaas?

Inskietprobleme

Die meeste winkels in inkopiesentrums wat gaatjies inskiet gebruik ’n gaatjiegeweertjie, wat amper soos ’n kramdrukker is. ’n Oorbel word in die geweertjie geplaas, die “sneller” word getrek en die oorbel word deur die oorlel geforseer. Dis eina! Die geweertjie is ook moeiliker om te steriliseer as ’n naald, wat die voorkeurinstrument by inskietsalonne is.

Dít, asook die feit dat die winkelpersoneel in die inkopiesentrum nie noodwendig dieselfde soort opleiding ondergaan het wat higiënerisiko’s, oorbelplasing en nasorg behels nie, beteken daar is ’n kans dat jou kind met ’n infeksie kan opeindig of dat hul liggaam die oorbel kan verwerp.

Lees ook: 16 ongelooflike wenke vir Ma

Veiligheid eerste

Hoe kan jy dus vir jou kinders gaatjies te laat inskiet met die minste risiko, trane en trauma? Daar is talle inskietsalonne oor die land. Professionele gaatjieskieters moet volgens wet by streng higiënereëls hou wat hul gereedskap behels, asook die ruimte waar hulle die gaatjies inskiet. Dit beteken dat die ruimte en naald wat gebruik word sterieler is as dié in die inkopiesentrum.

Hulle verstaan ook die menslike liggaan beter en sal dus kan vasstel of ’n kind se ore vir gaatjies geskik is en die ouer laat weet indien hulle enige probleme voorsien. Hulle sal ook deeglike instruksies vir nasorg gee sodat die herstelproses so glad moontlik verloop, en hulle sal boonop enige vrae beantwoord wat jy voor of ná die prosedure mag hê, want hul diens kom met ’n waarborg. Kinders kom slegs met een paar ore en aangesien hulle dit nodig het om vir jou te luister, is dit belangrik om hul ore veilig te hou! 

FOTO: iStock/angelacolac

LEES OOK:

Die mees gesogte juweliersware op Google

Die enigste ses stukke juweliersware wat jy nodig het

Maak ’n wasmiddel vir jou juweliersware

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 maniere om veilig met kinders te bestuur

Hoe om jou kosbaarste besitting veilig te vervoer ... Deur Caira-Lee Durand

Close