×

Dís hoe GH-leser, Craig Wiley, 17 kg verloor het

Craig Wiley is ’n 47-jarige bouer en pa van twee wat besluit het om sy gesondheid ’n prioriteit maak en in die proses 17 kg verloor het!
craig-wiley

 

DRASTIESE VERANDERING

Ek was ’n fiks en gesonde kind. Ek het rugby en waterpolo gespeel en geswem. Maar sowat vyf jaar gelede het te veel van die “lekker lewe” my ingehaal. Ek het heeltyd gesweet, was ongemaklik en het pyne en skete gehad. Dit was ’n gesukkel om my skoenveters vas te maak. En ek het dit gehaat om op foto’s te verskyn. Ek het nie myself herken nie. Ek het geëet net waarvoor ek lus was – kos met baie vet en koolhidrate – en baie bier gedrink. Ek het nie regtig veel van gesonde eetgewoontes geweet nie – nie dat ek nou ’n ekspert is nie, maar ek weet baie meer as voorheen.

NUWE DOELWITTE

Ek het besluit ek wil fiks raak en het ’n doelwit gestel om aan die halwe Ysterman-kompetisie deel te neem. Ek was nog nooit regtig op ’n dieet totdat ek by Weight Watchers aangesluit het nie. Dis ’n gebalanseerde benadering tot kos en sluit al die voedselgroepe in. Ek hou nie daarvan om ’n hele groep uit te sny nie; dis nie volhoubaar nie. Ek het vir myself realistiese, haalbare en meetbare doelwitte gestel. Dit het omtrent agt maande geneem om my doelgewig te bereik. Die moeilikste deel was om minder bier te drink!

DIE ENE ENERGIE

Ek het nooit gedink dat ek nié my doelwit sou bereik nie. Ek voel fantasties en het toe die halwe Ysterman voltooi, wat ek regtig geniet het, en ook by Black River CrossFit aangesluit. Trouens, my hele gesin is dol oor CrossFit. Ek is beslis gelukkiger met myself en het meer energie. Ek hanteer ook stres beter. My vrou noem my haar Sexy Silver Fox. Ek is nie seker wat dit beteken nie …

Lees: 6 maniere om jou dieet weer op dreef te kry

craig-wiley-pic

’N TIPIESE DAG SE KOS

ONTBYT: ’n Vrugte-enweiskommel of ’n eier op lae-GI-roosterbrood

MIDDAGETE: ’n Wrap met gerookte salm en slaai

AANDETE: Laevetbolognese op murgpampoentjie-“ pasta”

PEUSELHAPPIES: Biltong sonder vet

DRANKIES: Baie water en feitlik geen alkohol in die week nie – dalk ’n whisky en water. Naweke drink ek ’n bietjie meer.

WENKE

KRY HULP: Kry jou familie en vriende se ondersteuning.

WEES PRAKTIES: Stel realistiese doelwitte.

BLY GEFOKUS: Moenie moed opgee as jy ’n slegte dag gehad het nie.

LEES OOK

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dís hoe GH-leser Farenaaz Allie 36 kg verloor het

Die inspirerende Katy Jacobs, ’n 58-jarige ma van twee, het besluit om haar lewe om te keer en 15 kg...

Close