×
Skakel na Engels

Dinge wat slim vroue reg doen

Hier is van die strategieë waarvolgens suksesvolle vroue leef DEUR CLINIQUE

Shot of a trendy young woman looking thoughtful against a green backgroundhttp://195.154.178.81/DATA/i_collage/pi/shoots/806374.jpg

Ons het almal ’n ander afmerklysie vir sukses. Of jy ’n indrukwekkende loopbaan opgebou of al ’n paar Comrades-marathons agter die rug het, almal van ons streef op die ou end na geluk. Merk ’n paar van dié punte op jou doenlysie af en jy sal van voor af verlief op jou lewe wees. Jy kán dit regkry, want jy’s net so slim soos dié vroue. So wat doen slim vroue reg?

 

1. Hulle sit skouer aan die wiel …

 

As die uitvoerende hoof van Facebook weet Sheryl Sandberg ’n ding of twee van kommunikasie. Die skrywer van die boek Women, Work and the Will to Lead het sinoniem geword met die raad om meer betrokke by jou werk te wees. Sy het al gesien hoe baie ander briljante vroue wat werk en ma-wees moet balanseer hul eie ambisies opsysit of hul sukses ondermyn sodat ander “van hulle sal hou”. Wat beteken dit dus vir jou om skouer aan die wiel te sit? Om in jouself te glo, meer polities in die werkplek te wees en om in die algemeen meer selfvertroue te hê. In kort: Sy glo vroue moet meer gedrewe wees en “die wil hê om te lei”.

 

2 … Maar hulle vergeet nie om soms terug te sit nie

 

Jou selfoon is nie die enigste ding wat jy moet herlaai nie. Dit was groot nuus toe Arianna Huffington, die hoofredakteur van die Huffington Post, ’n werk/balans-skuif gemaak het nadat sy weens uitputting op die vloer van haar nuuskantoor ineengesak het. Sy het die volgende oor Sandberg se bemagtigende boek te sê gehad: “Die wêreld het vroue nodig om sukses te herdefinieer sodat dit meer as net geld en mag behels. Ons het ’n derde maatstaf nodig wat gegrond moet wees op ons welstand, ons gesondheid, ons vermoë om af te skakel, te herlaai en onsself te vernuwe en om vreugde in ons werk én die res van ons lewe te vind.” Waar moet jy begin? Kry minstens 30 minute meer slaap in as wat jy tans doen, stel Huffington voor.

 

3 Hulle weet hoe om nee te sê

 

As vroue – versorgers, vredemakers en wesens wat tien dinge gelyk kan doen – sukkel ons dikwels om dié drieletterwoord te uiter. Die resultaat? Oorvol dagboeke, gunsies wat uit wrokkigheid gedoen word en min of geen tyd oor vir “ektyd” om die dinge te doen waarvoor jy eintlik wil “ja” sê nie. Facebook se uitvoerende hoof, Sheryl Sandberg, sê baie vroue vrees konfrontasie: “As jy beplan om iets te doen, vra jouself: Hoe sou ek dit gehanteer het as ek nie bang was nie? En doen dit dan.” Watter gevolge maak jou so bang om nee te sê? Dat iemand nie meer van jou gaan hou nie? Dat hulle gaan vies wees? Dalk lê die fout by die manier waarop jy dit sê. Probeer dit: “Ek het baie hooi op my vurk en dink nie ek kan nou myself nou daartoe verbind om jou te help nie.” Niemand kan vir jou kwaad wees as jy eerlik is nie.

 

4 Hulle laat nie toe dat foute hulle terughou nie

 

Die koningin van improvisasie, Tina Fey, is maar al te vertroud met ’n komedieflater (hoe erg moet dit nie wees as niemand lag nie!). Maar Fey sê as jy bang is om ’n fout te begaan, sal jy nooit iets gedoen kry nie, selfs nie dinge wat op die ou end reg uitdraai nie. “Met improvisasie is daar geen foute nie, net pragtige, gelukkige ongelukke,” skryf sy in haar outobiografie, Bossypants. Sy sê ook as jy ’n fout begaan wat maak dat jy in ’n balletjie wil opkrul, is daar geen sin daaraan om daaroor te kla nie. Vergewe jouself, vra verskoning as jy moet en klop jouself op die skouer omdat jy in die eerste plek ’n kans gewaag het. “Jy kan nie daardie kind wees wat aan die bopunt van die waterglybaan staan en wik en weeg nie. Jy móét afgly,” skryf Fey. Jou suksesse sal jou mislukkings in getal oortref – leer dus uit jou foute en gaan aan met jou lewe.

 

5 Hulle oorkom hul vrese

 

Die Forbes-skrywer Jenna Goudreau kom dikwels in aanraking met van die wêreld se magtigste vroue en een van die konsekwente karaktertrekke wat sy in hulle sien, is dat hulle nie bang is om buite hul gemaksone te beweeg nie. “As jy nie elke dag ’n bietjie bang is nie, leer jy nie. En wanneer jy nie leer nie, is dit klaarpraat met jou,” sê sy. Doen dit: Probeer daardie amandelkoekieresep vandag en beweeg dan aan na groter uitdagings.

 

6 Hulle omhels verandering

 

Wanneer die man in jou lewe nie meer verlief op jou is nie (maar vergeet het om dit vir jou te sê totdat hy iemand anders gekry het) of die uitdagings van moederskap jou oorweldig, luister wat die psigiater Abigail Brenner te sê het: “Veranderings moet nie net verduur word nie, maar eerder met afwagting en opgewondenheid verwelkom en omhels word danksy die potensiaal en onbeperkte moontlikhede wat dit vir ons bring.” Dié skrywer van How Women Embrace Change and Celebrate Life sê ambivalentheid is nooit maklik nie, maar jy is sterker as wat jy dink.

 

7 Hulle weet dit neem tyd om te rou

 

’n Egskeiding, die verlies van ’n ouer, ’n droom wat weens onvoorsiene omstandighede uitgestel moet word – moenie druk op jouself plaas om te vinnig “aan te beweeg” nie. In onlangse studies oor die rouproses is bevind hoewel verlies vir altyd is, rou nie vir altyd hoef te duur nie. Jou vermoë om die skuif te maak het niks te doen met hoe “sterk” of “swak” jy is nie. Weet dit en wees gaaf met jouself.

 

8 Hulle weet daar is geen prins nie

 

Het jou verhouding ’n totale verandering nodig? Marilyn Graman, ’n verhoudingskenner en die skrywer van There Is No Prince, sê die ridder op die wit perd bestaan nie en sal nooit nie. “Daar is net regte mans wat soos prinse kan optree wanneer hulle goed behandel, verstaan en gewaardeer word,” sê sy. Sy glo jy kan jou eie ewigdurende geluk skep – en dit begin by jou. Die belangrikste verhouding wat jy ooit sal hê, is immers met jouself. “Vroue dink dit gaan oor wat hulle van ’n man wil hê,” sê Graman, “terwyl dit eintlik gaan oor wat hulle sáám met ’n man wil hê.”

 

9 Hulle belê in hulself

Die skoonheidsterapeut Linda Meredith glo vroue van die 21ste eeu moet velsorg ’n prioriteit maak. “Ons is almal gedehidreer weens ons blootstelling aan chemikalieë en preserveermiddels en die medikasie wat ons gebruik. Ons leefstyl is heeltemal anders as 50 of 60 jaar gelede. Sodra jy aspirien inneem, is jy gedehidreer,” En wat van die skade wat reeds aangerig is? Van dit kan jy nog nie eens sien nie. Wyse vroue weet dat die topskoonheidshandelsmerke letterlik vuurpylwetenskaplikes in hul laboratoriums het wat die nuwe skoonheidsfronte ondersoek. Hulle weet dat produkte (soos Clinique Smart Serum) regtig werk. Hulle ondersoek, doen navorsing, vergelyk en belê in topgehalteprodukte wat hul vel laat gloei en hulle meer selfvertroue gee.

 

Besoek www.clinique.co.za om meer oor Clinique se revolusionêre Smart Serum te leer, en kry slim wenke oor hoe aanlyn-inkopies van al jou skoonheidsprodukte jou tyd kan spaar.

 

Vir nog slim wenke, kliek op dié skakels: CosmopolitanMarie Claire or O Magazine

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om meer in ’n dag gedoen te kry

Dié tydbesparende webwerwe en apps werk hard sodat jy minder hoef te werk GEBORG DEUR CLINIQUE

Close