×
Skakel na Engels

4 dinge om hierdie naweek in Kaapstad te doen

Dit gaan ’n prettige naweek in die Moederstad wees!
dinge om hierdie naweek in Kaapstad te doen

Hierdie naweek is ’n fantastiese tyd om in Kaapstad te wees met al die opwindende geleenthede wat plaasvind. Vaar die Moederstad se strate in vir ’n musiekbelewenis, ’n adrenalieninspuiting of ’n dag in die teater.

1. Die Kaapstadse Internasionale Jazzfees

Die jaarlikse Kaapstadse Internasionale Jazzfees is terug met ’n ongelooflike kaliber van internasionale kunstenaars. Musiekliefhebbers sal kan luister na onder andere Judith Sephuma, die Grammy-benoemde sangeres Andra Day, die tweemalige Metro FM-musiekpryswenner Nomfundo Xaluva, Mango Groove, En Vogue, Tsepo Tshola en baie, baie meer.

Datum: 31 Maart tot 1 April 2017 | Plek: Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum | Prys: R690 by www.computicket.com 

2. Spar-vrouewedloop

Dié wedren slegs vir vroue sal die strate van Groenpunt vroeg Sondagoggend oorneem. Sowat 21 000 vroue gaan die 5 km- of 10 km-afstande al langs die Groenpuntse promenade en omliggende gebiede stap of draf. Ons hoop jy het al jou kaartjies gekry, want aanlyn inskrywings het reeds gesluit. Of neem bloot deel aan die pret en gaan saam om die drawwers en stappers te ondersteun.

Datum: 2 April 2017 | Plek: Groenpunt-meent 

3. The Tale of Peter Rabbit

Gaan op ’n nostalgietoer saam met die hele gesin en kyk The Tale of Peter Rabbit op die verhoog. Kyk hoe Mrs Rabbit al die moeilikheid hanteer wat haar seun, Peter, maak. 

Datum: 1 tot 13 April 2017 | Plek: Kunstekaap | Prys: R80 by www.computicket.com 

4. Smoove Outdoor Experience

Geniet ’n rustige middag en kuier met goeie musiek. Luister na die klanke van diep, sensasionele house-musiek, R&B van die 90’s en ongelooflike musiekoptredes en beleef die sonsondergang.

Datum: 31 Maart 2017 | Plek: Marksman-sportskietklub, Ottery | Prys: R60 by www.quicket.co.za  

FOTO: iStock/wundervisuals

LEES OOK: 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 van die beste roomyswinkels in Kaapstad

Ons het vir jou vyf van die lekkerste roomyswinkels in Kaapstad uitgesoek. Geniet hierdie dekadente bederfhappies terwyl die weer nog...

Close