×
Skakel na Engels

Dieetwenke vir besige vroue

Hierdie 24-uur-strategieë sal jou help om daardie kilogramme vinnig te laat wegsmelt, ongeag hoe besig jou lewenstyl is

Dieetwenke vir besige vroue

Vroegoggend

Eet ’n behóórlike ontbyt

Kyk ’n bietjie wat doen mense wat baie gewig verloor het en daarby hou: 78% van hulle begin die dag met ontbyt, gewoonlik graankos en vrugte.

Probeer eiers

In ’n navorsingstudie in die VSA is bevind dat mans en vroue wat as deel van ’n laevetdieet agt weke lank op minstens vyf oggende ’n 1 428 kJ-ontbyt van eiers geëet het, 65% meer gewig verloor het as ’n groep wat ongesonde soethappies met dieselfde hoeveelheid kilojoules gehad het.

Maak ’n mikrogolf-omelet deur twee eiers met ’n klein bietjie melk te klits en dan vir een of twee minute te kook totdat it amper reg is. Roer, mikrogolf weer totdat die eiers nie meer loperig is nie. Sprinkel laevetkaas bo-oor vir kalsium.

Mid-oggend

Pak “ondersteuning” in

Pak ’n snytjie laevetkaas saam met ’n appel in, volgraan-kraakbeskuitjies met grondboontjiebotter of suikervrye laevet-jogurt waaroor jy okkerneute sprinkel. Nog ’n wenk is om ’n noodvoorraad amandels byderhand te hou: agt of nege bevat minder as 420 kJ en bevat proteïen, vesel en ’n bietjie vet, wat jou tot die volgende maaltyd sal deurhelp.

Middag

Gaan saam met jou kinders buitentoe

Touspring verbrand amper 3 150 kJ in ’n uur en dis groot pret. Hoela-hoepels word nou ’n bietjie swaarder vervaardig vir oefening – jy kan 420 kJ in net tien minute verbrand. Ry fiets of rolskaats. Oorweeg dit om vir reënerige dae in ’n Wii te belê.

Een studie het bevind dat die virtuele sport op dié speletjiestelsel meer as 12,5 kJ per minuut verbrand en jou metabolisme ook ’n hupstoot gee. Of skakel die musiek aan en dans saam met die kinders.

By die werk?

Jy gaan heel moontlik jou post-middagete-, midmiddag-insinking nou beleef. Lig jouself weer op – met ’n vinnige stappie vir 10 minute binnenshuis, of nog beter, buite.

Aand

Gaan sit

“Dit klink so eenvoudig, maar dwing jouself om te sit wanneer jy eet,” sê dr. Susan Albers, ’n sielkundige en die skrywer van 50 Ways to Soothe Yourself without Food (New Harbinger Publications). Om te keer dat jy bietjies-eet terwyl jy aandete maak, maak dit ’n reël om kos op ’n bord te skep en trek ’n stoel uit om op te sit.

Begin met sop of ’n slaai

Onthou nog daardie vertroude raad om jou aptyt in toom te hou deur baie water te drink? Probeer dit eet! Mense wat hul ete met ’n bakkie sop of ’n groot slaai begin – alles kos wat baie water bevat – eet minder van ’n maaltyd, met ’n kilojoulebesparing van sowat 10%. Vermy net romerige soppe of mayonnaise-deurweekte slaaie.

Leer jou kinders ook

Maak dit ’n huisreël vir die kinders om hul borde kombuis toe te neem en die oorskietkos in die vullishouer of in ’n houer vir die komposhoop uit te krap. Dit verminder nie net die peuselversoeking nie, maar skakel ook ’n huishoudelike takie uit wat waarskynlik jou werk sou wees.

Laat

Skakel die TV af

’n Studie van oorgewig volwassenes het bevind deur TV-kyk met die helfte te verminder het dit deelnemers gehelp om 500 kJ meer per dag te verbrand as wat hulle het voordat hulle die TV afgeskakel het. Deur een of twee Law & Order-heruitsendings mis te loop gee dit jou nie net kans vir ’n ander aktiwiteit nie; die studie het bevind selfs administratiewe werk of ’n geselsie oor die foon het meer kilojoules verbrand as TV-kyk.

Kry genoeg slaap

Te min slaap veroorsaak dat jy chronies uitgeput is, wat weer beteken dat jy meer geneig is om koolhidrate en soetgoed te eet om jou energievlakke hoog te hou. ’n Gebrek aan slaap kan chemiese wanbalanse in jou liggaam veroorsaak en verander die produksie van hormone wat hongerte en versadiging beheer – en dit laat jou net meer smag na kos met ’n hoë kilojoule-inhoud.

Moenie honger gaan slaap nie

Maak seker jou aandete is gesond en gebalanseerd sodat hongerpyne nie met jou slaap inmeng nie. As jy wil, kan jy ’n klein peuselhappie voor slaaptyd geniet – dit kan ’n duidelike punt aan die einde van die aand sit.

FOTO: iStock/Kontrec

LEES OOK:

12 wenke vir ’n platter magie sonder oefening of dieet

Die beste bekostigbare bevogtigers om jou deur die winter te help

Eet dít om beter te slaap

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
KILOJOULE-METING: Soesji vir beginners

Kies die regte mengsel vir jou soesji-bord – sommige keuses bevat minder kilojoules as ander ...

Close