×
Skakel na Engels

Die Zespri Occupy Lunchbox-beweging

Help om die manier waarop Suid-Afrikaners en veral kinders eet, te verander – een kosblik op ‘n slag

 

Het jy geweet dat slegs 52% van Suid-Afrikaners minstens een keer per dag ‘n vars vrug eet?

 

Zespri Occupy Lunchbox is ‘n beweging ten gunste van voedingsverandering.

Die veldtog bevorder voedingsgebalanseerde voorafgepakte middagetes, en veral die gesondheidsvoordele van die kiwivrug, wat as ‘n supervrug beskou word. Die doel is om Suid-Afrikaners aan te moedig om ‘n voedsame middagete in te pak en die minimum daaglikse vereistes in te sluit.

 

Ontmoet KID Z

KID Z is die amptelike ambassadeur van die Zespri Occupy Lunchbox-beweging en sy is passievol oor die heerlike kiwivrug en gesonde eetgewoontes. Sy haat ‘n kosblik vol aartappelskyfies en suikerdrankies en verkies dat haar ma vir haar ‘n gebalanseerde maaltyd inpak wat sy oor haar etensuur kan geniet.

 

Kliek hier om KID Z se toespraak oor die beweging te sien:

Die vrug waarby dit alles begin het:

Die klassieke ZESPRI GREEN-kiwivrug is ook bekend as die Hayward-variëteit en is wêreldwyd die gewildste kiwivrug wat ook die algemeenste herken word. Dis ‘n prikkelende, soetsuur kombinasie van verfrissende geure.

 

Het jy geweet dat ZESPRI GREEN-kiwivrugte die volgende insluit:

  • Dubbel soveel vitamien C as ‘n lemoen
  • Dieselfde hoeveelheid potassium as ‘n piesang
  • Meer vesel as ‘n bakkie semelvlokkies

 

Kliek hier vir heerlike kiwiresepte.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Advertensie-promosie: Pick n Pay Women’s Walk, Oos-Londen

Talle Suid-Afrikaanse vroue voer daagliks 'n stryd teen borskanker. Trek jou stapskoene aan en doen jou deel om hulle te...

Close