1. Sit dit op skrif
’n Informele leenooreenkoms is ’n resep vir rampspoed. Om ontploffings te voorkom laat albei partye ’n dokument onderteken met onder meer die termyn (byvoorbeeld ses maande) en of terugbetaling in paaiemente of ’n enkelgedrag sal wees.
2. Hef rente
Klink dit te streng? Dit is nie. Rente laat ’n lening minder soos ’n guns voel en meer soos ’n wedersyds voordelige transaksie. Vra minstens die bedrag wat jou geld sou inbring as jy dit in ’n spaarrekening belê het.
3. Weet wanneer om nee te sê
Stel ’n leenperk deur drie maande se uitgawes (die minimum wat jy vir noodgevalle behoorte te spaar, hoewel ses beter is) van jou totale spaarbalans af te trek. Wat oor is, is die bedrag wat jy sou kon uitleen. Maar betaal eers enige skuld af wat jý het – daar is altyd die risiko dat jou vriend of familielid jou nie gaan terugbetaal nie. Kan jy dit regtig bekostig? Indien nie, wees eerlik en sê jy kan dit nie doen nie.
Deur Beth Kobliner