×
Skakel na Engels

Die wetenskap van geluk by die werk

Werknemers wat sê hulle is gelukkig by die werk neem tien keer minder siekverlof as ongelukkige werknemers. Lees hier oor meer voordele wat werkgewers van gelukkige werknemers kan kry

 

 

Sedert 2005 het die iOpener Institute in Brittanje uitgebreide navorsing oor die wetenskap van geluk by die werk gedoen. Die Business Results Group (www.brg.co.za) glo geluk by die werk is ’n ingesteldheid wat  dit moontlik maak om prestasie en potensiaal te vergroot.

 

In hul navorsing, wat meer as 50 000 mense wêreldwyd betrek het, het hulle ’n paar interessante bevindings gemaak. Werknemers wat sê hulle is gelukkig by die werk:

* Bly dubbel solank in hul pos;

* Bestee dubbel soveel tyd by die werk aan wat hulle betaal word om te doen;

* Neem tien keer minder siekverlof as ongelukkige werknemers; en

* Glo dubbel soveel hulle bereik hul potensiaal.

 

Die wetenskap van geluk by die werk het ook groot voordele vir individue. As jy regtig gelukkig by die werk is, los jy probleme vinniger op, is kreatiewer, pas vinniger by verandering aan, kry beter terugvoering, word vinniger bevorder en verdien op lang termyn meer.

 

Vir meer inligting of om ’n plek by die Science of Happiness at Work-konferensie te bespreek (die drag is kortbroeke, T-hemde, plakkies en hooftooisels!) wat op 4 Desember 2014 in Illovo gehou word, stuur ’n e-pos na Angela Milburn by angela@brg.co.za of bel 0861 B GREAT/0861 247 328. Vir meer oor die wetenskap van geluk by die werk, besoek www.brg.co.za.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dinge wat slim vroue reg doen

Hier is van die strategieë waarvolgens suksesvolle vroue leef DEUR CLINIQUE

Close