×
Skakel na Engels

Die wêreld se mooiste lugfilter

Die lug in jou huis wemel waarskynlik van gifstowwe afkomstig van skoonmaakprodukte, lugverkoeling en selfs meubels

 

 

Het jy geweet? Volgens die United States Environmental Protection Agency is dié binnenshuise besoedelaars een van die topvyf-bedreigings vir menslike gesondheid – maar gewone huisplante kan help. Volgens dr. Bill Wolverton, ’n omgewingsingenieur, is die plante in jou huis van die doeltreffendste lugfilters beskikbaar. Sommige plante se blare absorbeer chemikalieë in die lug, terwyl ander weer die besoedeling in hul wortels vasvang, en dit dan in kos en energie omskep. Die plante wat dít die beste doen, is Rhapis excelsa (lady-palm), syngonium (gansvoet) en spathiphyllum (peace lily). “Plaas een of twee by die plekke waar jou gesin die meeste tyd deurbring – dit sal jou help om skoon, gesonde lug in jou huis te handhaaf,” sê Wolverton.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Tem die papiertier

Is jy toegegooi onder berge papier en hope gemorspos in jou huis? Hier is ses maniere om die papieroorlog te...

Close