×
Skakel na Engels

Die waarheid oor pille vir ’n mooi vel

Die moets, die miskiens en die “so-so’s”
pille

Die aanvullingswêreld het ontplof met skoonheidsgefokusde tablette, poeiers, vitamienkoupille en drankies wat ’n stralender gelaat beloof.

Ons het dermatoloë gevra watter medikasie die moeite werd is, maar jy moet altyd eers met jou eie dokter praat voordat jy enige pil drink, al lyk dit hoe skadeloos. 

Die moets

Omega 3: Die meeste Westerse diëte verskaf te min omega 3-vetsure (gewoonlik in vis), maar jy het dit nodig om inflammasie te beveg, veral as jy ’n toestand soos rosacea of ekseem het.

VitamienD3: Dis noodsaaklik namate ons vel verouder, maar dis veiliger om van ’n pil as van die son te kry.

Kalsium: Vroue het minstens 1 000 mg per dag nodig (1 200 mg as jy 51 of ouer is). En ja, sterk bene help jou om aan die buitekant jonger te lyk.

Lees: Die beste verrassende kos vir sterker bene

Die miskiens

Glukosamien en chondroïtien: Hierdie aminosuikers help die vel met sy herstelvermoë, sê dr. Mary Lupo, ’n professor in dermatologie.

Resveratrol: Dié antioksidant is ’n bewese velbeskermer teen UV-skade, verhoog elastisiteit en verminder ouderdomsvlekke. Caudalie maak ’n pil en ’n serum.

Varingekstrak: Dit kan inflammasie en pigmentasie verminder; jy sal dit in Heliocare vind.

Die so-so’s

Kollageen: Die onlangse beenaftrekselneiging het die idee gewild gemaak om kollageen te drink of aanvullings te neem om kollageendigtheid in die liggaam te verhoog. Daar is egter nog net een studie wat dié bewering steun. Dit is dus belowend, maar dis nog nie bewys nie.

Probiotika: Tuisgemaakte jogurtmaskers is groot nuus en dit sal beslis nie skade doen nie. Maar hoewel jy dalk om ander redes probiotika behoort te neem, is daar nog nie navorsing wat bewys dat dit spesifiek vir jou vel goed is nie.

FOTO: iStock/puhhha

Lees ook

5 mites oor velveroudering ontbloot!   

3 dinge waarmee pasiënte dermatoloë tot raserny dryf 

4 verrassende oorsake van veroudering 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat is dermarolling en hoe kan jou vel daarby baat vind?

Dermarolling is ’n nuwe gewilde skoonheidsneiging in SA. Hier is alles wat jy daarvan moet weet

Close