×
Skakel na Engels

Die voordele van ’n oornagmasker

Kry jou skoonheidslapie in!
oornagmasker

 

Gesigmaskers het ’n normale stap in baie mense se skoonheidsroetines geword. Om jou gunsteling-masker ’n paar keer ’n week aan te wend en met jou voete in die lug te sit is die ideale manier om jou liggaam en vel te laat ontspan. Een van die meer onlangse velsorgneigings wat nou groot naam maak, is die oornagmasker. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lees ook: Bekostigbare gesigmaskers vir ’n lieflike jy

Maar wat is die verskil tussen ’n gewone en ’n oornagmasker? Die vanselfsprekendste verskil is dat die oornagmasker baie langer op jou gesig bly – regdeur die nag terwyl jy slaap – wat beteken dat dit behoorlik deur jou vel opgeneem word en die aktiewe bestanddele langer tyd het om hulle werk te doen. Dit is veral voordelig vir persone met ’n droë vel wat dringend hidrasie nodig het sodat jy soggens met ’n plomp, bevogtigde vel kan opstaan.

Lees ook: Hoe maskers die vel om jou oë kan verjong

Wil jy beter lyk wanneer jy wakker word as toe jy gaan slaap het? Hier is ’n paar oornagmaskers wat hulle sout werd is. Al wat nou tussen jou en ’n begeerlike vel staan, is ’n (skoonheid)slapie!

1. Skoon Ruby Marine Overnight Hydrating Mask

Dié plaaslike masker, wat spesiaal vir Suid-Afrikaanse velle geformuleer is, is propvol natuurlike bestanddele wat jou vel oornag hidreer. 

2. Woolworths Treat Anti-Ageing Overnight Mask

Behandel die simptome van veroudering sowel as pigmentasie met hierdie super-bevogtigende masker met galambotter en jojobasaad-olie. 

3. The Body Shop Drops of Youth Bouncy Sleeping Mask

Hierdie masker, wat met edelweiss-stamselle verryk is, het ’n veerkragtige tekstuur en beloof om jou met net so ’n veerkragtige en plomp vel te laat ontwaak. 

4. Clinique Moisture Surge Overnight Mask

As jou vel droog is en ’n goeie dosis hidrasie benodig, behoort jy hierdie masker vanaand nog by jou velsorgroetine in te sluit!

5. Klairs Freshly Juiced Vitamin E Mask

Die Koreane ken hulle storie wanneer dit by velsorg kom, en hierdie vitamienryke oornagmasker is net nog ’n bewys daarvan. 

 

Foto: iStock/LightFieldStudios

 

LEES OOK: 

Skoonheidsgeheime van oor die wêreld heen

5 sakpas wenke teen veroudering

3 geheime vir ’n mooi vel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Lipglans – jou nuwe (ou) beste vriend

Dis tyd vir ’n bietjie glinster en glans

Close