×
Skakel na Engels

Die vinnigste manier om ’n avokado ryp te maak

Ons weet dit is ’n Eerstewêreldse probleem, maar op daardie oomblik voel dit asof daar niks ergers is as om ’n avokado te sny wat nie die ryp, sagte smullekker ding is wat jy verwag het nie
avokado

Avokado’s flous ons dikwels. In die supermark lyk dit relatief sag, maar wanneer jy dit oopsny [en op jou roosterbrood probeer smeer], kan jy net sowel klippe met ’n vurk op jou brood probeer fyndruk.

Maar daar is ’n manier om dit op te los. En dit vat nie drie dae in ’n vrugtebak om dit te laat gebeur nie. Ons moet PureWow ​hiervoor bedank.

Hulle het uitgewerk dat die harde duiwel sal sag raak as jy dit in foelie toedraai en vir 10 minute in die oond bak – presies die sagte happie wat jy wil hê.

[As jy vind dat jou avokado hard is nadat jy dit gesny het,] sit die twee helftes terug op mekaar om dit weer heel te maak voordat jy dit in die foelie toedraai. [Sit dit in die oond] en wees versigtig dat jy dit nie by ’n te hoë temperatuur bak nie. Die kenners by PureWow sê 95 °​C is ideaal.

Bekyk die avokado ná 10 minute. Sodra dit sag is, haal dit uit die oond en laat dit afkoel. Sommer gou sal jy dit kan fyndruk soos jy nie 15 minute tevore kon dink nie.

Een van die lewe se baie wonderwerke. Ek is seker jy sal saamstem.

Van: www.prima.co.uk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 nuttige gebruike vir koffiefilters

Koffiefilters is dalk selfs veelsydiger as handdoekpapier in die kombuis!

Close