×
Skakel na Engels

Die ses feite en mites oor koffie waarvan jy moet weet

(Pst: Dit veroorsaak nie slapeloosheid nie en dehidreer jou nie …)
koffie

Met eindelose weersprekende nuusstories oor watter kosse en drankies jy moet en nié moet eet of drink nie, kan dit moeilik wees om agter te kom wat is waar en wat is vals – veral wanneer dit by jou gunsteling-ondeugde kom.

Hoewel dit waarskynlik nie ’n goeie idee is om liters gekafeïeneerde koffie te drink nie, stem die meeste mense saam dat 400 mg kafeïen (sowat 4-5 koppies) per dag veilig vir die meeste gesonde volwassenes blyk te wees. Die drankie het ’n dikwels onregverdige reputasie. Die span by Shark Ninja wat jare daaraan bestee het om die Ninja Coffee Bar te ontwerp het die mites oor koffie uit die weg geruim om te verseker dat jy jou gunsteling-brousel met ’n skoon gewete kan geniet.

1. Koffie veroorsaak slapeloosheid: SOORT VAN MITE

Ja, kafeïen is ’n stimulant, maar kafeïen wat in die loop van die middag gedrink word, word steeds teen ’n hoë tempo deur die liggaam verwerk, hoofsaaklik deur die lewer. Dit neem gemiddeld vyf tot sewe uur om kafeïen “half uit jou liggaam te spoel”. Binne agt tot 10 uur behoort 75% daarvan weg te wees. Sensitiwiteit wissel van persoon tot persoon, en baie metaboliseer koffie vinnig. Koffie vroeër in die dag behoort nie jou slaap te beïnvloed nie, hoewel gesondheidskenners mense aanraai om kafeïendrankies van laatmiddag af en saans te vermy. As jy die smaak of die ritueel geniet, hoekom drink jy nie die kafeïenvrye weergawe nie?

2. Koffie verlaag die risiko van tipe 2-diabetes: FEIT

Koffie bevat nie net magnesium en chroom wat die liggaam help om insulienproduksie te beheer nie, maar ook antioksidante, wat vetweefselskade help beveg. Dit kan alles help om die risiko vir tipe 2-diabetes te verlaag wanneer dit met oefening en ’n gesonde dieet gekombineer word.

3. Koffie help jou om gewig te verloor: MITE

Koffie kan nie jou liggaam se metabolisme soveel verhoog dat dit sal help om ekstra vet te verbrand nie. As jy dus gewig wil verloor, sal jy ander veranderinge in jou dieet moet aanbring en gereeld oefen.

LEES OOK: Yskoffieresep vir ouers

4. Koffie is veiliger as energiedrankies: FEIT

Koffie bevat baie minder suiker en chemiese bymiddels as die meeste energiedrankies en kafeïenaanvullings, veral as dit vars met organiese koffiebone gebrou word. Energiedrankies word dikwels met vetsugtigheid verbind. Koffie is dus ’n verstandige alternatief vir ’n vinnige opkikkertjie.

5. Koffie dehidreer jou: MITE

Koffie is meestal water, en dit tel vir jou daaglikse vloeistofinname. Hoewel koffie ’n diuretikum is, ’n stof wat maak dat jy die badkamer gereeld moet gebruik, beteken dit nie dat jou liggaam water verloor nie. Hoewel jy altyd water benewens jou koffie behoort te drink, sal ’n paar koppies per dag jou nie dehidreer nie. As jy gesond is en ’n matige inname het, behoort jy oukei te wees.

6. Koffie kan help wanneer jy oefen: FEIT

Baie studies het bewys dat kafeïeninname voor oefening atletiese prestasie verbeter. ’n Verslag wat in die joernaal Sports Medicine gepubliseer is, verwys na kafeïen as ’n “kragtige ergogeenhulpmiddel” en baie mense gebruik koffie as ’n hulpmiddel voor oefening. Dit is egter nie noodwendig vir almal nie; jy moet vasstel wat vir jou liggaam werk.

Hierdie artikel het oorspronklik op www.goodhousekeeping.co.uk verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hierdie een is vir al die koffie-liefhebbers

Ons is mal oor dié aanhaling want dit is die reine waarheid!

Close