×
Skakel na Engels

Hier is die salarisse van die grootste TV-sterre ooit!

Kyk ’n bietjie hier hoeveel die span van The Big Bang Theory betaal is vir alle seisoene te tesame, asook al die ander hoogsbetaalde TV-akteurs. Deur Claire Hodgson
salarisse

Big Bang Theory

Maak jou reg om baie teleurgesteld te wees met jou salarispakket – of die gebrek daaraan – want die spelers in The Big Bang Theory kry allemintige salarisse. 

Jim Parsons (Sheldon), Johnny Galecki (Leonard) en Kaley Cuoco (Penny) kry so $1 miljoen (sowat R13,5 miljoen) per episode. Die reeks het tans 24 episodes per seisoen, wat beteken hierdie drie akteurs maak byna $24 miljoen (sowat R324 miljoen) per jaar! 

Boonop word daar beweer dat die reeks se sterre ook hul eienaarskap in die reeks vermeerder het, en dan is daar nog produksieooreenkomste, bonusse en allerhande ander byvoordele wat ook báie geld werd is. Om die waarheid te sê, ná ’n baie winsgewende 10 seisoene word beraam dat teen die tyd dat die twaalfde (en potensieel die laaste) seisoen ten einde loop, die hoofspelers élk so $139 miljoen (so R1,9 miljard) sal maak.

Simon Helberg (Howard Wolowitz) en Kunal Nayyar (Raj Koothrappali), maak omtrent so 80% van hul kollegas se $1 miljoen-salaris teen $750 000 (so R10,2 miljoen) per episode. Aan die begin het al twee van hulle $100 000 (so R1,35 miljoen) per episode verdien. Die skepper van Big Bang, Chuck Lorre, het onlangs vir E! News gesê: “Almal behoort baie suksesvol en gelukkig en ryk te wees. Hulle het dit verdien. Dit is ’n ongelooflike groep akteurs. Dit is hulle beskore.”

Maar glo dit as jy wil, hulle is eintlik nie die hoogsbetaalde TV-sterre van alle tye nie. Ons het dus feite en syfers van Time en Forbes gekry om jou die name van die gelukkige mans en vroue te gee wat oor die jare ernstige geld verdien het.

Bloot ter inligting: ons het op akteurs en aktrises gekonsentreer, maar dis nodig om te sê dat Judge Judy blykbaar $47 miljoen (so R640 miljoen) per jaar verdien. Knap gedaan, Judy!

Lees: 10 TV-reekse wat jy nie mag misloop nie

Glee

Dis glad nie ’n verrassing dat Lea Michele, Jane Lynch en Matthew Morrison gesing en gedans het van pure vreugde nie – hulle is $80 000 (sowat R1,1 miljoen) per episode betaal.

New Girl

Zooey Deschanel verdien ’n netjiese $125 000 (sowat R1,7 miljoen) per episode in die rol van Jess. Glad nie sleg nie.

Game of Thrones

Peter Dinklage (Tyrion Lannister), Lena Headey (Cersei Lannister), Kit Harington (Jon Snow), Emilia Clarke (Daenerys Targaryen) en Nikolaj Coster-Waldau (Jaime Lannister) staan op $500 000 (sowat R6,8 miljoen) per episode.

Breaking Bad

Bryan Cranston het nie net tik gemaak as Walter White nie. Daar was ook die $225 000 (sowat R3 miljoen) per episode. Aaron Paul, aan die ander kant, het op $150 000 (sowat R2 miljoen) gestaan.

How I Met Your Mother

Alyson Hannigan, Neil Patrick Harris, Josh Radnor, Jason Segel en Cobie Smulders is volgens berigte $225 000 (sowat R3 miljoen) per episode betaal, of rondom $5 miljoen (sowat R68 miljoen) per jaar.

Homeland

Dit mag lyk of Claire Danes die stresvolste rol ooit speel as Carrie, maar die tjekkie van $250 000 (sowat R3,4 miljoen) per episode het sekerlik gehelp om die pyn te verlig. Dink net hoeveel masserings sy daarmee kan betaal.

True Blood

Alexander Skarsgard, Anna Paquin en Stephen Moyer het $275 000 (sowat R3,7 miljoen) per episode verdienDis nogal vrygewig, veral as ’n mens in gedagte hou dat ons verniet saam met Alexander Skarsgard sal rondrol.

Lees: DStv Now, Netflix of ShowMax?

Mad Men

Het jy al ooit gewonder hoe Don Draper homself so netjies laat lyk? Wel, ’n fris salaris help. Jon Hamm het $275 000 (sowat R3,7 miljoen) vir elke episode van Mad Men verdien.

The Simpsons

Moenie bekommerd wees nie, ons het nog al ons varkies op hok, ons weet The Simpsons is ’n animasie – maar die stemkunstenaars is nie. Dan Castellaneta (Homer), Julie Kavner (Marge) en Yeardley Smith (Lisa), verdien $300 000 (so R4 miljoen) per episode.

Grey’s Anatomy

Ellen Pompeo verdien $350 000 (sowat R4,8 miljoen) per episode in hierdie mediese drama.

Two and a Half Men met Ashton Kutcher

Voor Big Bang so suksesvol geword het, was Ashton Kutcher die hoogsbetaalde akteur op TV met ’n salaris van $750 000 (sowat R10,2 miljoen) per episode. Sy medester Jon Cryer was met $600 000 (sowat R8 miljoen) nie ver agter nie.

Friends

Jennifer Aniston, Courteney Cox, Lisa Kudrow, Matt LeBlanc, David Schwimmer en Matthew Perry het soos die sterre van The Big Bang, $1 miljoen (sowat R13,5 miljoen) per episode verdien. As jy ons vra, was dit elke sent werd.

Home Improvement

Ja, jy weet, die storie van daai man wat van doen-dit-self hou? So skokkend as wat dit mag wees, dit het een van die TV-stories geword wat die meeste gekyk word in Amerika. Tim Allen, wat Tim Taylor gespeel het, het glo $1,25 miljoen (sowat R17 mijoen) per episode verdien.

Everybody Loves Raymond

Om eerlik te wees, hy het darem die hoofrol gespeel en Ray Romano het $1,25 miljoen (sowat R17 miljoen) per episode as Raymond Barone verdien.

Two and a Half Men met Charlie Sheen

Sjoe, hierdie storie weet darem hoe om sy hoofrolspelers te betaal, nè? Charlie Sheen het na wat berig word $1.8 miljoen (sowat R24,4 miljoen) per episode verdien as Charlie Harper. Ja, dis $1,8 miljoen PER EPISODE.

Bron: Cosmo UK

FOTO: iStock/franckreporter

LEES OOK:

3 maniere om ekstra geld uit jou huis te verdien

5 verrassende skoonheidsgeheime van ou Hollywood

3 geheime wat net ryk mense ken

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skoonheidsgeheime van oor die wêreld heen

Ons deel die beste skoonheidsgeheime van ander lande sodat jy op jou beste kan lyk

Close