×
Skakel na Engels

Die Rubik-kubus is 40!

Kan jy glo die Rubik-kubus is al vier dekades met ons? Kliek hier vir vier interessante feite oor dié prettige, frustrerende legkaart

 

 

1. Die Rubik-kubus is in 1974 deur Erno Rubik, ’n Hongaarse professor in argitektuur, ontwerp en was nooit veronderstel om ’n speelding te wees nie. Rubik wou ’n werkmodel skep om driedimensionele geometrie te help verduidelik. Dit het hom self meer as ’n maand geneem om die patroon uit te werk.

2. Die huidige wêreldrekord om die Rubik-kubus te voltooi word gehou deur Mats Valk, ’n Nederlandse tiener, wat dit in net 5,55 sekondes opgelos het!

3. Meer as 350 miljoen Rubik-kubusse is wêreldwyd verkoop.

4. Daar is 43 252 003 274 489 856 000 (43 kwintiljoen) maniere om ’n Rubik-kubus te draai.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief