×
Skakel na Engels

Die rede vir die hemplussie

Die onbenullige lussie aan die agterkant van toeknoophemde het eens op ‘n tyd ’n doel gedien!

Het jy al ooit ‘n toeknoophemp gestryk en oor die klein lussie aan die agterkant gewonder? Hoewel vroueklere deur die jare interessanter en meer betekenisvolle veranderinge ondergaan het, is mansklere ook nie sonder ‘n storie nie. Kom ons gaan kyk na die lussie aan die agterkant van toeknoophemde. Dis iets wat die meeste mense terloops opmerk, maar hoeveel van ons het al ooit oor die geskiedenis of doel daarvan nagedink? Die redes is heel interessant, dog ‘n bietjie voorspelbaar!

Lees: Slim maniere om ’n wit hemp te dra

Dis heel voor die hand liggend

Die hoofrede vir die hemplussie is heel voor die hand liggend en prakties. In die dae voor kasspasie en wasgoedpennetjies is hierdie lussies gebruik om klere aan ‘n wasgoeddraad of aan hake in die huis op te hang. 

Hierdie lussies is aanvanklik deur Ooskusmatrose in die VSA gebruik

Daar is opgeteken dat matrose hierdie lussies aan hul hemde gehad het om dit aan skeepshake op te hang terwyl hulle verklee het. Hierdie klein detail het sy weg van die skepe na die strate gebaan toe hierdie lussies in die 1960’s ‘n modeneiging geraak het, veral aan die toeknoophemde wat deur manlike universiteitstudente gedra is.

Die hemplussie het ook ‘n romantiese rol gespeel

Die hemplussie is prakties en romanties. Aan Amerikaanse Ivy League-universiteite sou meisies die hemplussies afskeur van die mans wat hulle aantreklik gevind het. ‘n Man sou ook die lussie afsny om te wys dat hy ‘n meisie het.

FOTO: Zando.co.za

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief