×
Skakel na Engels

Die perfekte slaaisousformule

As jy eers die basiese stappe geleer het, sal jy nooit weer gekoopte slaaisous wil gebruik nie!

 

 

1.    KIES JOU OLIE Ekstra-suiwer olyfolie sal vir die meeste slaaisouse werk, maar vir party, soos Asiatiese souse, sal ’n neutrale olie soos druifpitolie beter werk. Jy het 3 dele olie nodig.

 

2.    KIES ’N SUUR Dit is waar jy jou asyn of sitrussap inbring, wat ook as ’n suur tel. (Suurlemoen-, lemmetjie-, lemoen- en pomelosap werk almal goed.) Hier is die goue formule vir slaaisouse: Jy het 1 deel suur saam met 3 dele olie nodig.

 

3. VOEG MEER GEURE BY Probeer speserye; vars kruie; mosterd (Dijon-, korrel- of bruin mosterd); gerasperde uie, salotte of knoffel; heuning (dis altyd lekker om iets soets by te voeg om die suur uit te balanseer); gerasperde sitrusskil; en natuurlik sout en peper. Gebruik dié bestanddele na jou smaak – dis immers jóú slaaisous.

 

4. SKUD DIT Skud al die bestanddele in ’n diggeseëlde fles totdat dit geëmulsifiseer het. Die meeste slaaisouse kan vir tot twee weke in die yskas gebêre word.

 

 

BASIESE KRUIESLAAISOUS

 

¾ koppie ekstra-suiwer olyfolie

¼ koppie witwynasyn

1½ t gekapte vars tiemie

1 t Dijon-mosterd

1 t heuning

½ t elk sout en gemaalde swartpeper

 

Voeg al die bestanddele bymekaar in ’n groot fles met ’n styfpassende deksel. Skud dit tot heeltemal gekombineer. As jy dit in die yskas bêre, bring dit tot kamertemperatuur en skud weer voordat jy dit voorsit.

 

Maak 1 koppie

 

– Khalil Hymore

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Joie MSC Salad Spin & Serve

Mooi modern

Close