×
Skakel na Engels

Die mees ontspannende wysie wat al ooit opgeneem is

Laat Maandae jou ’n bietjie gestres voel? Ons het die perfekte liedjie om jou te help ontspan …

 

 

Volgens wetenskaplikes is die agt minute lange liedjie “Weightless” die mees ontspannende wysie wat al ooit opgeneem is. Dit help om jou hartklop te vertraag, bloeddruk te verminder en stresvlakke te verlaag.

In ’n studie is 40 vroue aan sensors gekoppel en moes hulle moeilike legkaarte bou om stresvlakke te verhoog. Verskillende liedjies is toe gespeel om hul hartklop, bloeddruk, asemhalings- en breinaktiwiteit te toets.

Volgens dr. David Lewis-Hodgson van Mindlab International, wat die navorsing gedoen het, het “Weightless” die grootste ontspannende uitwerking gehad van enige musiek wat tot nog toe getoets is.

Waarskuwing: Die liedjie kan jou lomerig maak – moenie daarna luister terwyl jy bestuur nie!

 

Vir nog inligting oor die mees ontspannende wysie, kliek hier.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Begin jou week op ’n positiewe noot!

Dié advertensie se positiewe boodskap – “maak liefde, nie oorlog nie” – is die perfekte teengif vir swaarmoedigheid op ’n...

Close