×
Skakel na Engels

Dié kleur werk vir almal – kry dit vir jou klerekas!

Lyk grasieus in groen!
klerekas

Dis nie net hoogmode nie, maar smaraggroen pas ook by alle velkleure! Só kan jy dit by jou klerekas inkorporeer.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Hier is vyf maniere waarop jy dié treffende kleur kan dra:

1. Dra ’n groen geplooide romp met ’n ingesteekte swart top en sjiek aanglipskoene – dit sal jou middel beklemtoon.

 

A post shared by ᴏ ᴢ ᴀ ɴ ᴀ (@ozanamosteanu) on

2. ’n Groen midirok is die ideale uitrusting vir ’n deftige middagete of geleentheid tydens die seisoensoorgang.

3. Bypassende bykomstighede is nou weer ín! Gee ’n bietjie flair aan ’n informele dagvoorkoms met ’n groen sak en groen skoene. As jy iets meer subtiel verkies, kan jy eenvoudig net een van die twee kies.

 

A post shared by FERVVA (@fervva) on

4. As jy nie bang is vir kleur nie (en daar is geen rede om te wees nie!), kan jy jouself van kop tot tone in smaraggroen klee. Om van bo tot onder dieselfde kleur te dra is ’n vleiende voorkoms wat die illusie van lengte skep.

 

A post shared by STREET STYLE (@streetstyled) on

5. Kies smaraggroen bykomstighede soos juweelversierde oorbelle, ’n hangertjie of ’n belt om jou voorkoms af te rond. Wenk: As jy groen oë het, sal hierdie items dit mooi beklemtoon. 

 

A post shared by Juwelo (@juwelo.de) on

Koop hierdie vleiende smaraggroen bykomstighede:

1. Oorbelle met sierstene R29,99, MRP

2. Skouerlose rok R140, MRP

3. Bloese R99,99, MRP

4. Gebreide top R379, Cotton On

5. Juweelversierde hangoorbelle R149, Forever New

6. Noupypbroek R899, Forever New

7. Oopknooptrui R499, Poetry

8. Skerppunt-hoëhakskoene R1 599, Aldo by Superbalist

9. Plathakskoene van fopsuède  R299, Dailyfriday by Superbalist

10. Handsak R799, Aldo by Spree

11. Tekkies met espadrille-sole R379, KG at Spree

Ons moderedakteur wys dat jy ’n wenvoorkoms met ’n groen top én skoene kan skep. 

 

A post shared by Bev Nates (@bevnates) on

FOTO: iStock/CoffeeAndMilk

LEES OOK:

28 sjiek en bekostigbare items vir jou kantoorklerekas

8 groot-genoeg-vir-alles-handsakke vir onder R250

Blaas nuwe lewe in jou werkvoorkoms met dié modieuse uitrusting-idees

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 modieuse denimbaadjies vir minder as R600

Lyk sjiek en modieus in een (of meer) van hierdie fantastiese kopies

Close