×
Skakel na Engels

Die ideale boeke om oor ’n naweek te lees

Lekkerleesboeke om mee te ontspan
naweek

Daar’s niks beter as om oor ’n naweek met ’n boek op te krul en in ’n wêreld van romanse, drama en fantasie verlore te raak nie. As jy weet vir watter lekker titels om uit te kyk, kan jy aan nuwe skrywers en nuwe skryfstyle bekendgestel word. 

’n Wonderlike manier om jou liefde vir fiksie te deel is deur ’n boekklub met ’n groep vriendinne te begin wat van dieselfde soort boeke hou sodat julle die boeke kan lees en dan dié wat julle geniet het te bespreek.

Ons het vir jou twee boeke gekies wat ons dink absoluut fantasties is! Albei is deur vroue geskryf en is uiters vermaaklik. Katie Fforde en Catherine Alliott is bekend in die wêreld van fiksie, en jy sal hierdie boeke nie kan neersit nie.

Verlustig jou hierdie naweek in een van dié boeke:

A Secret Garden deur Katie Fforde (R287)

secret garden

Lorna en Philly werk in die tuin van ’n pragtige herehuis in die Cotswolds. Hul lewe is vol en gelukkig, maar al twee is op soek na liefde. Toe Lucien en Jack in die prentjie kom, raak dinge ingewikkeld.

About Last Night … deur Catherine Alliott (R287)

about last night

Toe Molly se man sterf, besef sy dat die lewe op die platteland miskien meer sy droomleefstyl was as hare. Toevallig erf sy ’n huis in Londen. Maar voordat sy kan intrek, moet sy eers van die huurder ontslae raak. Sy aantreklike seun het egter ander planne.

FOTO: iStock/kupicoo

LEES OOK:

Wenke om gratis e-boeke op jou Kindle te kry

5 boeke wat jy moet hê

Die beste boek vir melktertliefhebbers

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 Paaseiersoektogte in die Kaap

Dis daardie tyd van die jaar! Hier is ’n paar Paaseiersoektogte in en om Kaapstad om die jongspan mee te...

Close