×
Skakel na Engels

Die huiswerk-stryd

Hoe jý jou kinders kry om hul huiswerk te doen

V: Dis dikwels ’n daaglikse stryd om kinders hul huiswerk te laat doen. Ons het dus gevra: wat is die beste manier om jou kinders te motiveer om hul huiswerk te doen sonder dat jy jou stem hoef te verhef?

 

A: ‘Toe my kinders in die laerskool was, het ek hulle rondom die kombuistoonbank laat sit sodat ek ’n ogie oor hul huiswerk kon hou terwyl ek aandete gemaak het. Dit het goed gewerk. Toe hulle hoërskool toe is, het ek hulle aangemoedig om die huiswerk in hul kamers te doen. Dit was ’n groot fout, want hulle het eerder speletjies gespeel. Ek het baie gou weer die kombuistafelstelsel vir huiswerk ingestel!’

– Anne Roberts (ma van drie, 14, 18 en 20)

 

A: ‘Ek het my kinders gewoonlik met geld beloon as hulle hul huiswerk doen en bo ’n sekere persentasie op skool behaal het. Hulle het baie goed presteer. Maar ek dink dit was verkeerd. Nou vertel ek hulle eerder hoe trots ek op hulle is en dat ek hulle vertrou om hul huiswerk fluks te doen. Twee keer per maand blaai ek deur hul skoolboeke en vra hulle of daar enige projekte is waarmee ek hulle kan help.’

– Colet Searle (ma van twee, 13 en 14)

 

A: ‘As jy jou kinders wil aanmoedig, moet jy hulle grootste ondersteuner word. Ek lees eers wat van my seun verwag word en as hy dit nie verstaan nie, sal ek dit aan hom verduidelik. Ons maak huiswerktyd pret met speletjies. Vir spelling sal ek hom byvoorbeeld vra om ’n inkopie-lysie te maak.’

– Nelisiwe Luvuno (ma van twee, 2 en 7)

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief