×

FOTO’S: Die stewels wat Kate Middleton al 13 jaar lank dra

En sy het dit die afgelope week weer gedra!
kate middleton

 

Die hertogin van Cambridge was nog nooit skaam om uitrustings te herhaal nie – ons bewonder haar daarvoor! – en dis veral waar van haar Penelope Chilvers-stewels, wat sy al ’n verstommende 13 jaar dra.

Die hertogin is in Junie 2004 die eerste keer daarmee afgeneem toe sy dit na die Festival of British Eventing gedra het. Hoewel haar styl oor die jare heelwat verander en baie vrouliker geword het, het die stewels duidelik ’n ereplek in haar klerekas behou.

.

Kate het haar betroubare stewels egter eers weer in April verlede jaar gedra (altans in die openbaar) tydens ’n drie uur lange staptog in Bhoetan.

Toe sy verlede jaar ’n draai in Kanada gemaak het, het die einste stewels haar op reëndae, tydens koninklike uitstappies, tradisionele danse en gebede, en selfs ’n stappie in die woud vergesel. Nie sleg vir ’n paar ou skoene nie!

Die hertogin het vandag weer op hulle staatgemaak vir ’n besoek aan ’n plaas vir stadskinders. Dié keer het sy dit saam met ’n kakiekleur parka en Zara-jeans gedra.

Ons weet wat jy dink – die stewels is wel effens verweer, maar dit lyk verbasend goed vir sulke ou skoene. Natuurlik is daar ’n paar bespiegelinge oor hoe Kate haar stewels ná 13 jaar nog so netjies kan laat lyk.

Die eerste een is dat dit nié dieselfde paar is as wat sy in 2004 gedra het nie – dis in elk geval nie asof iemand die stewels in al daardie jare tussenin gewaar het nie. Of dalk het die koninklikes ’n skoenmaker wat dit vir haar versorg en versool het sodat dit klassiek dog verslete lyk? Of het sy dalk meer as een paar van dié stewels in haar kas? Verbeel jou net ’n kas met rye en rye van al haar gunstelinge – die L.K. Bennett-skoene, die vlootblou Stuart Weitzman-wighakke, die Penelope Chilvers-stewels …

Hierdie artikel het op Goodhousekeeping.co.uk verskyn.

Foto: Getty Images/Gallo Images

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 fantastiese winterstewels, almal onder R500!

Stewels is ’n moet vir die winter! Ons het ’n paar sjiek dog billike opsies vir jou gaan uitsnuffel

Close