×
Skakel na Engels

Die heel oulikste stuk kombuisgereedskap

By hoeveel van julle lê hierdie handige stuk kombuisgereedskap in die laai en stof vergader?

 

 

 

 

 

 

 

 

Was jy al ooit by die een of ander mark waar hulle ’n demonstrasie oor hierdie oulike klein uitvindseltjie gegee het?

 

Ons dink dit is die een ding in menige kombuis wat nie na waarde geskat word nie. Ons is so beïndruk daarmee omdat die stewige keramiekpuntjies jou vinnig en maklik enigiets van knoffel tot gemmer kan laat rasper – en selfs harde kase.

 

Gebruik die silikoonbuisie om knoffelhuisies te rol en só die skilletjies te verwyder (dit werk regtig!), en gebruik die borseltjie om die skilletjies uit te kry en die rasper skoon te maak.

 

PROBEER HIERDIE FANTASTIESE RASPERPLANNE

 

• Wanneer jy knoffel rasper, voeg seesoutvlokkies en olyfolie by om ’n heerlike knoffelsmeer te maak om op ronde stukkies geroosterde brood te smeer.

• Rasper gelyke dele gemmer en knoffel en voeg sesamolie by om ’n pasta te maak. Gebruik dit in Oosterse roerbraaigeregte.

• Gebruik dit om ’n stuk kaas (parmesaan of Grana Padano is goeie keuses) te rasper om oor varsgemaakte pasta te sprinkel.

 

Lekker rasper!

 

Pryse begin by R70. Koop dit hier aanlyn.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Smaaktoets: Knoffelbrood

’n Braai is nie ’n braai sonder die onweerstaanbare geur en kenmerkende brosheid van knoffelbrood nie. Ons het vyf handelsmerke...

Close