×
Skakel na Engels

Die haarkleurstap wat jy nie moet oorslaan nie

As jy dít nie doen nie, kan jy jou vel beskadig

As jy al ooit jou hare by die huis gekleur het, het jy waarskynlik die woorde “patch test” op die haarkleurboksie gesien. Dit is basies ’n mini-vrywaring wat jou aanraai om ’n bietjie van die kleursel aan te maak en dit op jou vel aan te wend ’n dag of twee voordat jy dit op jou hare aanwend sodat jy kan sien of jy enige negatiewe reaksies ervaar.

Wees nou eerlik. Lost jy dikwels daardie stap uit? Ons weet ons het. En dis ’n groot fout, volgens die kenners. “Tradisionele tuishaarkleur bevat gewoonlik sterk chemikalieë soos ammoniak,” verduidelik die dermatoloog dr. Marnie Nussbaum. “Dit kan irritasie en allergiese reaksies op die vel veroorsaak.”

En moenie dink net omdat jy ’n sekere handelsmerk vantevore gebruik het, dat jy dit nie hoef te doen nie. Selfs al het jy voorheen ’n spesifieke kleurmiddel by die huis probeer, behoort jy altyd eers ’n veltoets te doen. “Jy kan enige tyd ’n allergie vir iets ontwikkel,” waarsku Nussbaum. Nog ’n rede om waaksaam te wees: Maatskappye verander hul formules dikwels.

Wat is die beste manier om dit te doen? Meng ’n klein hoeveelheid van die kleur en wend dit met ’n katoenwattetjie aan ’n onopvallende deel van jou liggaam, soos aan die binnekant van jou elmboog, en wag 48 uur om te kyk hoe jou vel reageer. As dit jeuk, brand of rooi raak, moenie daardie haarkleurhandelsmerk gebruik nie. ’n geïrriteerde kopvel is die laaste ding wat jy wil hê.

Hierdie artikel het oorspronklik in Good Housekeeping in die VSA verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 slim maniere om haarsproei in jou huis te gebruik

Natuurlik keer dit dat jou hare kroes, maar jy sal nie glo vir watter ander probleme haarsproei kan help nie

Close