×
Skakel na Engels

Die gewildste trourok ter wêreld op Pinterest

En dis FANTASTIES!

*Trourokke * – die heel eerste gedagte in enige vrou se kop wanneer sy verloof raak – en vir die meeste, selfs vóórdat die beplanning van die troue begin. Vir die meeste van julle sal die eerste stap wees om aanlyn vir jou droomrok te soek. Wil jy weet wat die gewildste trourok op die internet is? Rol af ondertoe om uit te vind …

En hier is dit, meisies: die gewildste trourok in die wêreld op Pinterest, die Hollie-rok:

’n Bietjie meer oor hierdie rok:

• Dit word die “Hollie”-rok genoem en is deur ’n Australiese handelsmerk genaamd Grace Loves Lace ontwerp en gemaak.
• Dit is die gewildste trourok op Pinterest en die algeheel gewildste rok op hierdie sosialemediaplatform, met ’n ongelooflike 2,5 miljoen plasings volgens Harper’s Bazaar Australia.
• Dit het heeltemal uitverkoop nadat dit in 2013 bekendgestel is – 2 000 handgemaakte rokke is verkoop.
• Ongelukkig word die “Hollie”-rok nie meer gemaak nie, maar hulle verkoop nou ’n soortgelyke ontwerp genaamd “Hollie 2.0”.

Hier is die Hollie 2.0:

Of jy nou ’n rok spesiaal vir jou laat maak of een in ’n winkel koop, elke voornemende bruid wil op haar spesiale dag soos ’n koningin lyk en voel (dis vanselfsprekend) en om die volmaakte rok te kry kan ’n groot uitdaging wees. Ons raad? Hou dit eenvoudig en kies iets wat jóú pas.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
14 gevaarlik mooi Halloween-voorkomste vir oud en jonk

Vergeet van gekoopte maskers en probeer een van dié grimeervoorkomste

Close