×
Skakel na Engels

Die geskenk wat aanhou gee

Met Kersfees wat nader kom en verbruikers wat slimmer moet bestee, is daar nou ’n opwindende nuwe platform om die geskenke wat jy graag wil gee en ontvang meer bereikbaar en bekostigbaar te maak

ADDaBIT is ’n sosiale besparingsplatform wat maklik is om te gebruik en jou in staat stel om ’n fonds vir ’n begunstigde te skep en ander te nooi om tot ’n droomgeskenk of -doelwit by te dra.

“ADDaBIT gebruik die beginsels waar jy deur die internet geld kan insamel van ’n groep mense(“crowd funding”) om geld tot ’n kind se droom by te dra,” verduidelik Michael Griffin, die uitvoerende direkteur. Ons deel die ontvanger se wenslys en gee die beleggers die geleentheid om tot iets betekenisvols by te dra wat iemand regtig wil hê, eerder as uitspattige verjaarsdag- en Kersgeskenke wat min betekenis het of bloot gekoop is om as geskenk te dien.

Hoe dit werk

Lede teken in en skep ’n fonds vir ’n begunstigde, waar beleggers (familie en vriende) dan genooi word om tot daardie spesifieke fonds by te dra. Jy kan meer as een fonds skep vir dinge soos jou kind se eerste fiets, eerste motor of ’n langtermynfonds vir hul opvoeding. Namate die fonds groei, bring ADDaBIT dit op datum en wys die bedrag en persentasie wat reeds tot jou doelwitbedrag bygedra is. Hierdie innoverende, veilige platform het geen boetes en geen minimum betalings nie, wat dit ’n aantreklike platform vir jou beleggers maak om geld by te dra waar en wanneer hulle kan. Dit is baie maklik om op te stel en jy verdien markgeleide rente op jou geld in ’n Investec-fonds, sê Griffin.

 

Besoek www.addabit.com om ’n fonds vir jou wenslysie te begin en om in te teken.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ons stel bekend Tangle Teezer se nuwe splinternuwe borsel!

Gladder, blinker hare wat vinniger droogblaas? Ja, asseblief! Kyk dié video om te sien hoe Tangle Teezer se nuwe haarborsel...

Close