×
Skakel na Engels

Die fantastiese voordele van koffie vir jou vel en hare

Die krag van kafeïen!
koffie

 

Baie mense beweer dat hulle soggens nie kan funksioneer voordat hulle hul eerste koppie koffie gehad het nie. Dié kafeïenryke drankie help jou om wakker te word en heeldag op en wakker te bly, en het boonop ’n verruklike geur. Maar alhoewel die voordele van ’n koppie boeretroos nog altyd aan ons bekend was, weet ons vandag dat dit ook ’n wonderlike toevoeging tot jou skoonheidsroetine is wanneer dit aan jou vel of hare aangewend word. Wie sou kon dink?

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lees ook: Klink ’n koppie op jou gesondheid

Koffie het die skoonheidswêreld aan die gons oor alles wat dit vir jou vel en hare kan doen. Die kafeïne en antioksidante daarin word al hoe meer in velsorgprodukte gebruik aangesien dit jou teen vrye radikale beskerm, irritasie verlig en van donker kringe en pofferige oë ontslae raak. Ander voordele behels dat dit verouderende vel styftrek en skade herstel wat deur UV-strale aangerig is – iets wat met die ouderdom ’n groter probleem raak. Dit is ook al in die behandeling van veltoestande soos rosacea gebruik aangesien koffie die rooibloedselle wat rooiheid veroorsaak, verklein, en wanneer dit as ’n skrop gebruik word, kan dit vetselle dehidreer en die voorkoms van selluliet verminder. 

Lees ook: Jou gids tot velsorgbestanddele

Wanneer dit by hare kom, word koffie ook as ’n wonderbestanddeel geloof. Dit is lank reeds bekend dat kafeïne gebruik word om haarverlies te behandel en nuwe haargroei te stimuleer. Dit maak hare ook meer hanteerbaar en blink, wat baie help as jy skielik baie meer daarvan het!

Daar het jy dit – net nog ’n rede om nóg meer koffie in jou lewe te hê!

Foto: iStock/Tinpixels

LEES OOK:

Die ses feite en mites oor koffie waarvan jy moet weet

8 nuttige gebruike vir koffiefilters

Die nuutste skoonheidskopies, -kortpaaie en -tendense

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Verwyder só self jou jelmanikuur

Spaar jouself ’n paar rand deur dit by die huis te doen

Close