×
Skakel na Engels

Die enigste ses stukke juweliersware wat jy nodig het

Hou op daarmee om juweliersware op te gaar, jy benodig slegs dié 6 items!

 

Gaar jy hope juweliersware op terwyl jy in werklikheid net sowat vyf stukke dra van alles wat jy besit?

Ons het uitgewerk wat is die noodsaaklikhede wat elke stylvolle vrou moet besit.

1. ’n Paar oorbelle vir elke dag

Dit is oorbelle wat veelsydig genoeg is om by enige uitrusting en enige geleentheid te pas – van werk tot aandete, strand tot braai. Kies oorbelle met ’n skoon, eenvoudige vorm soos metaalstafies of ringetjies.

Koop dit: Vergulde oorringetjies R349, Bennt by Superbalist

Screen Shot 2016-07-20 at 9.29.39 AM

2. ’n Skemerkelkring

Elke vrou het ’n pragtige skemerkelkring nodig wat sy saans, na ’n aandpartytjie of ’n afspraak met ’n geliefde kan dra. Kies een met ’n helderkleurige edelsteen of kunssteendetail en jy kan heelaand skitter.

Koop dit: Diamanté-ring R69, Miladys

Screen Shot 2016-07-20 at 9.41.58 AM

3. ’n Stel treffende oorbelle

Wanneer jy een stuk juweliersware wil dra wat ’n stelling maak, sal ’n paar treffende oorbelle jou uitrusting transformeer. Dit kan enige iets van kandelaaroorbelle tot hoepels of pêrelhangoorbelle wees. Vir moeitelose elegansie, dra dit saam met jou klein swart rokkie.

Koop dit: Goue oorbelle met pêrels R59, Miladys

JEWELLERY21

4. ’n Breë, goue armband

’n Breë, goue armband sal altyd modern lyk. Of dit met sierstene versier is of treffend en bonkig is, dit sal jou voorkoms komplementeer. Dra dit by ’n bloes, leerbaadjie en noupassende jeans vir ’n sjiek wintervoorkoms en met ’n pragtige maksirok en sandale vir ’n somervoorkoms wat jou soos ’n godin sal laat lyk.

Koop dit: Goue armband R89, Miladys

Screen Shot 2016-07-20 at 9.36.12 AM

5. ’n Fyn halssnoer

Elke vrou het ’n fyn kettinkie en klein hangertjie om hul nek nodig. As dit nie ’n sentimele stuk is nie, kies ’n klein geometriese hangertjie vir ’n skoon, gesofistikeerde voorkoms.

Koop dit: Halssnoer met geometriese hangertjie R59,99, H&M

Screen Shot 2016-07-20 at 9.39.58 AM

6. ’n Klassieke metaalhorlosie

’n Metaalbandjie is ’n moet! Jy sal dit jare lank kan dra, dis prakties en dit pas by enige iets. Belê in ’n goeie klassieke horlosie, van ’n bonkiger “kêreld”-styl tot iets meer delikaats met Romeinse syfers.

Koop dit: Roosgoudhorlosie R1 959, Fossil by Superbalist

Screen Shot 2016-07-20 at 9.32.28 AM

Lees nog oor mode.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vinnige wenk om ’n ring af te kry wat vassit

So ’n vinnige, maklike manier om ’n hardnekkige ring veilig af te haal! Al wat jy nodig het, is ’n...

Close