×
Skakel na Engels

Die enigste grimeer-tutoriaal vir bruin oë wat jy nodig het

As jou soektog na oogskadu wat jou bruin oë vlei jou bloot met duur oogskadupalette gelaat het wat jy nooit weer sal dra nie, kyk hierdie videotutoriaal en vind uit hoekom duisende vroue dit nuttig gevind het

Om oogskadukleure te kry wat jou bruin oë komplementeer kan ’n groot stryd wees, maar met die regte skakerings en tegniek kan jou oë verruklik en treffend lyk

Die grimeerkunstenaar en YouTube-ster Sona Gasparian sê mense met bruin oë moet warmer, neutrale kleure met ’n effense glans kies om die aandag na hul oë te trek. Hoewel koeler tone nie aaklig op jou sal lyk nie, sal ’n warmer toon die warm tone van jou bruin oë uitbring.

As jy al ooit in ’n grimeerafdeling gestaan en probeer het om ’n palet met die beste kleure vir jou bruin oë te kry, kliek om hierdie video te kyk. Sona sal jou drie kleuropsies gee wat jy nodig het om jou oë treffend te laat lyk.

 

FOTO: iStock/Stephanie_Zieber

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kyk wat grimeering kan doen: Hoe om wakkerder te lyk

Die verkeerde grimering kan jou beduidend ouer laat lyk. Ons het ’n videotutoriaal deur kenners gekry wat jou sal wys...

Close