×

Die een vraag wat jy jou ma vandág moet vra

As jy jou ma hierdie Borskankerbewustheidsmaand één ding vra, laat dit hierdie vraag wees …

 

Ons erf baie dinge van ons ma, waaronder ons gesondheid, maar dit beteken nie ons moet dit as ’n uitgemaakte saak aanvaar nie. Deur ons oorerflike vatbaarheid vir algemene gesondheidskwale te verstaan kan ons ’n paar leefstylveranderinge maak en ook van hierdie toestande beëindig wat tot nou toe maar ’n familieding was.

Maar waar begin ’n mens? Daar is baie dinge wat ons ons ma kan en moet vra, maar aangesien dit tans Borskankerbewustheidsmaand is, wou ons die belangrikheid van hierdie een noodsaaklike vraag beklemtoon:

 

Ma, het enige iemand in jou nabye familie borskanker gehad?

Nadat sy toegekyk het hoe haar ma op die ouderdom van 56 weens borskanker gesterf het, het Angelina Jolie wêreldwyd opslae gemaak deur ’n dubbele mastektomie te ondergaan as voorsorg teen dié siekte. Volgens Macmillan Cancer Support (’n Britse organisasie wat inligting en hulpbronne bied) is 5% tot 10% van borskankergevalle oorerflik, en om ’n ma met borskanker te hê verdubbel jou risiko.

 

Wat kan jy doen?

As daar ’n geskiedenis van borskanker in jou familie is (nie net jou ma nie – susters, tannies, oumas en niggies kan almal op ’n verhoogde risiko dui), praat met jou dokter. Hy/sy kan genetiese toetsing voorstel en, indien jou risiko hoër is, ook meer gereelde keurings- en ander toetse. Vroue wat die gemuteerde gene BRCA1 of BRCA2 dra, het ’n hoër risiko om borskanker te kry. Dit is dus belangrik dat hulle gereeld vir toetse gaan. Sommige vroue wat die gene én ’n familiegeskiedenis het, soos Angelina Jolie, kry ’n voorbehoedende mastektomie om hul kans te verlaag om die siekte te kry. Vir dié wat nie die gene dra nie, kan leefstylveranderinge soos ’n gesonder dieet en borsvoeding hul risiko verlaag. Dit is bewys dat gereelde oefening ook ’n beskermende uitwerking het.

 

Lees ook:

“Hoe ek borskanker oorleef het”

Die eerste tekens van borskanker

Wat borskankeroorwinnaars wens jy geweet het

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere om jou ondersteuning op Wêreldkankerdag te bied

Om ’n verskil te maak is makliker as wat jy dink

Close