×
Skakel na Engels

Die een botteltjie waarsonder geen noodhulpkissie behoort te wees nie

Of dit nou ’n insektbyt of ’n sny is, ongelukkies gebeur die hele tyd. Jy sou dus wou hê jou badkamerkassie of noodhulpkissie moet toegerus wees met die doeltreffendste produkte wat beskikbaar is. Maar wat as ons vir jou sê daar is net een volkome natuurlike produk wat jy eenvoudig in jou huis moet hê?

Teeboomolie is nie net ’n algemene bestanddeel in sommige velsorg- en skoonheidsprodukte nie, maar ook ’n veelsydige toevoeging tot enige noodhulpkissie. Dis ’n natuurlik verkrygde antiseptiese, antibakteriële en antifungale olie wat ’n verskeidenheid kwale streel en genees.

Thursday Plantation Tea Tree Oil is ’n natuurlike oplossing waarsonder geen huis of noodhulpkissie behoort te wees nie. Elke bottel olie is 100% natuurlik en het so baie gebruike in en om die huis – of dit nou vir die behandeling van snye en bytplekke, aknee of kongestie of selfs verkouesimptome is.

Waarvoor kan Thursday Plantation Tea Tree Oil gebruik word?

  • Om swaminfeksies te behandel

Wend een of twee maal daagliks ’n druppel olie direk op die aangetaste deel aan.

  • Om insekbyte en -steekplekke te streel

Wend ’n druppel olie op die aangetaste deel aan om infeksie te beveg en die gejeuk te verlig.

  • Om hoes, kongestie en algemene verkouesimptome te verlig

Sprinkel twee tot drie druppels in ’n bak stomende water en asem die stoom in.

  • Om klein snyplekke en wonde te behandel

Webc_THURSDAY-PLANTATION_product

Maak die wond skoon en wend die olie met ’n watteskyfie op die aangetaste deel aan.

Met so baie gebruike is dit maklik om te verstaan hoekom Thursday Plantation-teeboomolie die noodhulpbestanddeel is waarsonder geen huis behoort te wees nie.

Besoek www.thursdayplantation.co.za of die Facebook-blad by ThursdayPlantationSA vir nog inligting. Thursday Plantation Tea Tree Oil is by Dis-Chem, Clicks, uitgesoekte apteke en gesondheidswinkels beskikbaar.

Hierdie webpromosie word deur Thursday Plantation geborg.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
9 gesondheidsprobleme wat jou man nie moet ignoreer nie

Ervaar jou maat enige van hierdie probleme?

Close