×
Skakel na Engels

Die dokter sê: Slaap laat!

As jy in die week min slaap, is ’n middagslapie of laatslaap oor naweke nie ’n luukse nie, maar noodsaaklik

Ná ses dae se ses uur lange slaapsessies was vrywilligers wat aan ’n studie aan die Penn State University in die VSA deelgeneem het gedáán. Daar was ook meer inflammatoriese chemikalieë in hul bloed wat skadelik vir jou hart is. Ná twee tien uur lange nagruste het hulle minder lomerig gevoel en was hul inflammatoriese vlakke weer normaal. Hul fokus het egter nie herstel nie. Moet dus nie op inhaalslaap reken wanneer slaperigheid jou aandagspan belemmer nie. Rus van Maandag tot Vrydag meer voordat jy fyn motoriese take (soos ’n tuismanikuur) of aktiwiteite wat baie konsentrasie verg (soos om te bestuur), doen.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 webwerwe om te besoek wanneer jy nie kan slaap nie

Sukkel jy om te slaap? Het jy reeds skape getel en diep en stadig probeer asemhaal? Selfs al waarsku slaapkenners...

Close