×
Skakel na Engels

Die beste woorde om op jou maatsoekprofiel te gebruik om raakgesien te word

Mans wil nie weet of jy ’n “goeie luisteraar” is nie, en ons gee blykbaar nie om of hy ’n goeie humorsin het nie … As jou aanlyn maatsoekprofiel nie hierdie woorde insluit nie, is dit tyd om dit te verander!

 

Die aanlyn maatsoekwêreld is moeilik om te bemeester, en dit kan moeilik wees om jouself te laat uitstaan in ’n see van mense wat ook hoop om iemand te kry om hul lewe mee te deel.

Om ’n maat te vind is dit belangrik om te weet wat om in jou profiel te skryf. Die afspraakwebwerf eHarmony het gekyk na die spesifieke woorde wat iemand sal aanmoedig om vir jou ’n boodskap te stuur of dit bloot oor te slaan …

Volgens hul navorsing het ons voorkeur oor wat ons op ’n maatsoekprofiel sê oor die afgelope twee jaar baie verander.

Op vroue se profiele trek die woord “ambisieus” die meeste aandag van mans, terwyl “hardwerkend” van die negende na die vierde mees aanloklike woord opgeskiet het.

Aan die ander kant het vroue se belangstelling in mans wat die woord “ambisieus” gebruik, van die tweede na die tiende plek geval. “Fisiek fiks” is nou die grootste aantrekking vir vroue.

eHarmony het gevind dat die regte taalgebruik op jou profiel die hoeveelheid kommunikasie wat jy van potensiële maats ontvang amper kan verdubbel.

Lees hier deur die volledige lys …

Vir vroue: die 10 topwoorde wat ’n man op jou profiel sal raaksien:
1. Ambisieus
2. Opmerksaam (perceptive)
3. Beminlik (sweet)
4. Hardwerkend
5. Bedagsaam
6. Fisiek fiks
7. Kreatief
8. Rasionaal
9. Spontaan
10. Energiek

Vir mans: die 10 topwoorde om ’n vrou jou profiel te laat raaksien:
1. Fisiek fiks
2. Opmerksaam (perceptive)
3. Spontaan
4. Ekstrovert (outgoing)
5. Optimisties
6. Intelligent
7. Passievol
8. Liefderik (affectionate)
9. Welsprekend (articulate)
10. Ambisieus

Van: Good Housekeeping UK

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Navorsing toon die grootste fout as jy aanlyn ’n maat soek

Maak seker jy saboteer nie jou kans op ’n afspraak nie

Close