×

Die beste verrassende kos vir sterker bene

Eet dít vir sterker bene (en dis nie kaas … of jogurt nie!)

’n Nuwe studie dui daarop dat pruimedante die beste ding kan wees om bene te versterk.

Wetenskaplikes het bevind dat postmenopousale vroue wat ses maande lank daagliks 50 g (vyf tot ses) pruimedante geëet het, saam met daaglikse kalsium- en vitamien D-aanvullings, beter beenmineraaldightheid gehad as as dié wat aanvullings geneem het nie, maar nie pruimedante geëet het nie.

Navorsers sê die hoë polifenol- en vitamien K-inhoud van pruimedante blyk die afbreek van bene te onderdruk wat geneig is om toe te neem namate ons ouer raak. Volgens die Internasionale Osteoporosestigting sal een uit elke drie vroue ouer as 50 ’n fraktuur opdoen wat met osteoporose verband hou. Begin dus sommer nou al pruimedante eet!

 

Behoort jy bekommerd te wees?

As jy delikate bene het, verhoog dit die risiko, soos enige iets doen wat die vloei van beskermende estrogeen vertraag – soos vroeë menopouse of verwydering van die eierstokke voor die ouderdom van 45, anoreksie en oormatige oefening.

 

Sien die tekens raak:

As jy val en jou pols breek, vra vir ’n assessering of skandering. Die been behoort nie te breek as jy van staande hoogte af val nie, sê die Britse Nasionale Osteoporosevereniging.

 

Ander maniere om jou risiko te verlaag:

Doen gewigdraende oefening soos stap, draf of dans om bene te help versterk.

Eet kalsiumryke kosse soos melk, jogurt, kaas, amandels en groen blaargroente.

Kom uit in die sonskyn vir 15 minute per dag om jou vitamien D-vlakke te verhoog.

 

Meer oor sterker bene:

4 feite oor osteoporose
Kry só sterker bene
Jou menopouse en hoe om simptome te beheer

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 dinge wat jou maag vir jou probeer sê

Van opgeblasenheid tot krampe, jou maag waarsku jou dikwels wanneer iets fout is. Die gastroënteroloog dr. Ayesha Akbar vertel wat...

Close