×
Skakel na Engels

Die beste plek om botter te bêre

Waar bêre jy jou botter? Deur Victoria Chandler
botter

Bêre jy botter in die yskas, of bêre jy dit in die kombuiskas? Vir diegene wie se antwoord die kombuiskas is het ons slegte nuus. Klaarblyklik behoort ons almal in te val by die groepie wat hul botter in die yskas bêre.

Volgens Dairy UK, die organisasie wat die suiwelbedryf in die Verenigde Koninkryk verteenwoordig, behoort botter “beslis in die yskas en nie in of op die kombuiskas nie”. Die rede hiervoor is dat botter meer waarskynlik kan sleg word teen kamertemperatuur, al hou die meeste van ons tog van ons botter sag en lekker smeerbaar.

Maar by Goeie Huishouding voel nie almal dieselfde oor die saak nie. Sommige lede van die span sê die kombuiskas is net die plek vir hul botterbakkie (soos Ma dit gedoen het!), ander sê nee, botter hoort in die yskas. 

Angela Trofymova, hoof van Goeie Huishouding se toetskombuis in die Verenigde Koninkryk, verduidelik waarom sy aan die kant is van diegene wat hul botter in die yskas hou. “Die hoofrede is om te voorkom dat die botter op die oppervlak verkleur en dat dit suur word. Die hitte van ‘n stoof in die kombuis is gif vir botter.”

Maar wees gerus, dis nie so erg dat jy jou gesondheid in gevaar stel wanneer jy botter buite jou yskas hou nie. Die Britse Agentskap vir Voedselstandaarde stel voor dat botter in die yskas koel bly bloot ter wille van  die kwaliteit daarvan, eerder as die moontlike gesondheidsgevare wat die alternatief kan inhou.

Daar het jy dit – as jy besorg is oor die kwaliteit van jou botter, gebruik die yskas. As jy sagte, smeerbare botter verlang, laat staan dit gerus op die kombuiskas.

Bron: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/Mitshu

LEES OOK:

5 wenke vir wanneer jy ’n yskas koop

Die 5 grootste foute wat jy met jou yskas maak

6 algemene mites oor die vries van kos

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dis hoekom jy nooit muf van brood moet afsny nie

Ons het dit al almal gedoen. Deur Lyndsey Matthews

Close