×
Skakel na Engels

Die beste manier om ’n lemoen te skil

Net betyds vir die sitrusseisoen! Met hierdie slim wenk sal jy nooit weer lemoensap in jou gesig spuit nie!​

Al hou jy hoe baie van die verfrissende geur van ’n sappige lemoenskyfie, dis ’n ander storie om ’n lemoen te skil. Dis eintlik ’n nagmerrie.

Ons wil nou nie te grafies raak nie, maar jy moet basies jou duim in die lemoen insteek om ’n stukkie van die skil te lig om te begin skil en dan voortgaan en probeer keer dat die sitrussap in jou oog spuit. Jy probeer om daardie wit pulplaag af te kry, maar dis amper onmoontlik, en op die ou end eet jy dit maar. Boonop sit die helfte van die lemoen onder jou vingernaels vas en jou vingers word suur wapens vir die res van die dag, veral as dit enigsins naby jou oë kom …

Wel, die lemoenskilstryd is verby, want hierdie truuk van Rumble Viral gaan die manier waarop jy dié vrug skil vir altyd verander. Jy hoef nie meer te skil nie en met drie eenvoudige snitte met ’n mes is jou lemoen so te sê vry!

Van: www.goodhousekeeping.co.uk

FOTO: iStock/ansonmiao

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Smaaktoets: Lemoen-vrugtepons

Drankies met lemoenkonsentraat is elke gesin se gunsteling-dorslesser teen ’n sakpasprys. Ons het sewe supermarkaanbiedings getoets:

Close