×
Skakel na Engels

Die beste manier om jou baba aan die slaap te kry

Dit druis teen jou moederlike instink in
baba aan die slaap

Slaapontneemde ouers kan nou ’n bietjie minder skuldig daaroor voel as hulle hul babas snags laat huil. Ondanks die aanvanklike gekerm, blyk dit volgens ’n nuwe studie dat dit pasgeborenes help om vinniger aan die slaap te raak en vaster te slaap as jy hulle alleen los, eerder as enige ander bedtydroetine.

Gelukkig vir nuwe ma’s en pa’s wou navorsers die uitwerking toets van sogenaamde “slaapafrigting”, ’n kontroversiële ouerskapmetode vir babas van ses maande of ouer. Teenstanders beweer dat dit “aangeleerde hulpeloosheid” veroorsaak as jy kinders alleen laat, of die besef dat ongeag hoe hard hulle huil, niemand sal kom nie. Aan die ander kant glo voorstanders dat slaapafrigting kinders selftroostende vaardighede leer wat sal help as hulle deur die nag wakker word.

Wetenskaplikes van ’n Australiese universiteit het dus besluit om die debat te beëindig deur die hoeveelheid slaap – en stres – van 43 babas te meet. Vergeleke met ouers wat nie die tegniek gebruik het nie, het die “slaapafgerigte” babas tot 15 minute vroeër aan die slaap geraak sonder enige negatiewe newe-effekte. En met ’n pasgeborene in die huis maak daardie kosbare minute beslis saak.

Die navorsers het ook twee algemene soorte slaapafrigting getoets: stelselmatige vaakmaak (“graduated extinction”) en slaaptydrustigheid (“bedtime fading”). Vir diegene wat nie nagelees het oor die nuutste ouerskapneigings nie, “graduated extinction” is net ’n slim manier om te sê “laat hulle dit uithuil’. Slaaptydrustigheid is ’n bietjie nuwer, maar dit beteken basies dat ouers in die kamer kan bly totdat die kind aan die slaap raak.

Albei tegnieke het babas gehelp om vinniger aan die slaap te raak, maar navorsers het gesien dat “graduated extinction” ook gehelp het dat babas minder gedurende die nag wakker word. Maar wat beteken dit alles? Jou ma was al die tyd reg – laat die baba net slaap!

Hierdie artikel het oorspronklik in Good Housekeeping US verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 geldbesparende skoonheidswenke wat jy moet probeer

Hierdie slim skoonheidswenke sal jou kosbare geld en tyd spaar.

Close