×
Skakel na Engels

Die beste komedieplatforms in Kaapstad

‘n Bietjie lag het niemand al ooit kwaad gedoen nie
Beste komedieplatforms in Kaapstad

Om lekker te lag is ’n onfeilbare manier om jou in ’n beter luim te kry. Gee ’n paar van Kaapstad se snaaksste komediante dus die geleentheid om jou lagspiere te oefen. Lees hier meer oor die beste komedie-uithangplekke in die Moederstad. 

1. Cape Town Comedy Club, V&A Waterfront

Die Cape Town Comedy Club, wat in 2015 as ’n tong-in-die-kies “Opwip-Komedieklub” as deel van die Cape Town Festival die lig gesien het, het al as platform vir plaaslike sowel as internasionale komediante gedien.  Met histeriese vertonings wat sewe dae per week aangebied word, waaronder hoofvertonings en oopmikrofoon-skerpsketsery, sal jy beslis genoeg hê om oor te lag. En onthou, Sondae is halfprys. 

KONTAK: 021 418 8880 | info@capetowncomedy.com

2. Obviouzly Armchair Theatre, Observatory 

Dis in Observatory waar Suid-Afrikaners die res van die wêreld ontmoet. Sondagaande is komedie-aande by Obviouzly Armchair – waar die naweek tot ’n vrolike einde kom. Die plaaslike skrywer en komediant Christopher Steenkamp is die gasheer en daar is tot 10 vertonings per aand. Teen ’n toegangsfooi van slegs R20 moet jy beslis ’n draai gaan maak. 

KONTAK: 021 460 0458 | info@obviouzlyarmchair.com

3. Nomad Bistro & Bar, SSG

Dinsdae se komedie-aande is net die begin van Nomad se affair met Kaapstad se naglewe en word deur mengeldrankies en tapas-disse gekomplementeer. Dié aande is al ’n permanente weeklikse instelling op Kaapstad se kos-en-kuiertoneel.

KONTAK: 021 300 6808 | nomad.bistrofusion@gmail.com

4. Premium Sports Bar, Mitchells Plain

By hierdie byderwetse sportkroeg in die hartjie van Mitchells Plain waar Tuesday Comedy Night twee maal per maand aangebied word, kan jy deur van die snaaksste Kapenaars getrakteer word. Verder het die Premium Sports Bar ’n oopmikrofoon-beleid waar enige iemand sy sê kan sê.

KONTAK: 079 821 2398 | goliathstavern@gmail.com

FOTO: iStock/izusek

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Valentynsdaggeleenthede oor die land heen

Maak Valentynsdag ’n dag om te onthou!

Close