×

Die beste gekoopte melktert in SA is …

Raai watter supermark-melktert het die beste in GH se kantoorsmaaktoets gevaar
gekoopte melktert

In die GH-kantoor het ons nooit ’n verskoning vir ’n koek, tert of ’n soethappie nodig nie, en aangesien vandag, 27 Februarie, Nasionale Melktertdag is, het ons geweet ons het nóg ’n perfekte rede om te smul!

Melktert is deur Nederlandse setlaars na Suid-Afrika gebring en sedertdien het dié smulgereg met sy heerlike vlavulsel en vanielje- en kaneelgeure in die harte en mae van baie Suid-Afrikaners gekruip. Dis nou met reg ’n nasionale ikoon.

Ons het vier melkterte by nasionale kleinhandelaars gekoop en almal in die span genooi om aan ons blinde proe deel te neem en hul sê te sê.

Die Woolworths-melktert (R44,99) met sy soet, gladde vla-agtige vulsel en pragtige kaneelstensilmotief is GH se wenner met 8 stemme vir Nasionale Melktertdag.

In die tweede plek was die Checkers-melktert (R22,99). Toetsers het van die kaneelgeur en ligte tekstuur gehou.

In die derde plek was die Pick n Pay-melktert (R25,99). Toetsers het van die kors en die soet vlavulsel gehou.

In die vierde plek was die Spar-melktert (R54,99), wat ’n sagte smaak het en ruim porsies bied.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die beste boek vir melktertliefhebbers

As daar een ding is wat enige melktertliefhebber se dag sal maak, is dit die nuuste resepteboek deur die broer-en-susterspan...

Close