×
Skakel na Engels

Die 5 goed wat julle behoort te doen nadat julle verloof geraak het

Tyd vir gelukwensings en vieringe!
verloof

Die groot oomblik het uiteindelik aangebreek! Jou maat (of jy) het op een knie neergesak en Die Vraag gevra. Maar wat gebeur volgende? Dit is so maklik om deur die groot oomblik en alles wat voorlê, oorweldig te raak. Maar moenie paniekerig raak nie; ons het goeie raad. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Bel jul ouers

Dis gewoonlik die eerste oproep wat julle behoort te maak. Jou ouers sal nie gelukkig wees as hulle op sosiale media daarvan lees of dit by iemand anders hoor nie. En kom ons wees eerlik, hulle het waarskynlik vóór jou geweet dat dit gaan gebeur en sit nou op hete kole vir hierdie oproep en wag.

via GIPHY

2. Nooi jul vriende en familie om ’n glasie op die verloofdes te klink

Nooi ’n paar van jul naaste familie en vriende, en vier die blye oomblik saam met hulle. Dit kan enigiets van ’n drankie by ’n gewilde nuwe kuierplek,’n ete by jul gunsteling-restaurant of ’n braai by die huis wees. Dis beslis iets wat gevier moet word!

via GIPHY

3. Verseker jou ring

Dit klink dalk nie na die heel opwindendste uitstappie nie, maar jy sal dankbaar wees dat jy dit laat doen het as jou droomring ooit iets moet oorkom.

via GIPHY

4. Geniet die oomblik

Voordat die geharwar van die beplanning begin (en glo ons, ’n geharwar sal daar wees), en nadat die feestelikhede verby is, is dit tyd om dié nuwe fase van jul verhouding saam met jou maat te geniet en die oomblikke saam as pasverloofde paartjie te koester.

via GIPHY

5. Spring weg met die beplanning

Wanneer dit tyd raak om jul groot dag te beplan, moet julle gaan sit en oor die aangename sowel as minder aangename onderwerpe (soos om binne die troubegroting te bly) gesels. Laat jou deur Pinterest, bruidsgidse en bruidskoue inspireer; doen navorsing oor trouvenues en gaan pas miljoene rokke aan in jou soeke na Die Een. Beplan die troue waarvan jy as klein dogterjie al begin droom het.

via GIPHY

Hooffoto: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

5 vrae wat jy ’n DJ of musiekgroep moet vra voordat jy hulle vir jou troue huur

12 verrassende dinge wat gebeur wanneer jy jou troue beplan

5 skoonheidsbehandelings wat jy voor jou troue moet vermy

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vra jou maat hierdie vrae vóórdat julle trou

Speel oop kaarte voor die groot dag

Close