×
Skakel na Engels

Die 5 gebooie van padveiligheid

Bly by hierdie eenvoudige reëls as jy jou eie gesin (en ander s’n) veilig by hul bestemming wil aanbring

In car view of Hispanic female driver using phone

1.     Jy mag nie ’n teksboodskap tik en bestuur nie

Die minimum tyd wat jou oë van die pad af is terwyl jy op jou selfoon tik, is 4,6 sekondes. Indien jy dit dus doen terwyl jy 88 km per uur ry, is dit die lengte van ’n sokkerveld wat jou oë nie op die pad is nie! Dis ’n onaanvaarbare risiko. Maak jou leuse: “Dit kan wag!” As dit regtig nie anders kan nie, trek van die pad af.

 

2.     Jy moet jou rigtingaanwysers gebruik

Rigtingaanwysers is standaartoerusting van ’n voertuig. Dis dus voor die hand liggend dat dit belangrik is. Sit jou rigtingaanwysers aan minstens 30 m voordat jy draai sodat die bestuurder agter jou genoeg tyd het om stadiger te ry.

 

3.     Jy moet jou bande se loopvlak en druk nagaan

Bande is soos skoene se hakke: Jy weet gewoonlik nie dis afgeslyt voordat dit deurgeslyt is nie. Maak dus altyd seker daar is minstens 1 mm loopvlak rondom die omtrek van die band. En terwyl jy besig is, gaan sommer die banddruk ook na.

 

4.     Jy moet geduld en maniere op die pad hê

Haal diep asem wanneer ’n bejaarde teen 20 km per uur voor jou ry en asem stadig uit wanneer die taxibestuurder rondom jou vleg. ’n Woedeuitbarsting sal net jou aandag aftrek. Pas toe wat Mahatma Gandhi gesê het: Wees die verandering wat jy (op die paaie) wil sien.

 

 

5.     Jy moet wakker en waaksaam wees om te bly leef

Jy wil nie die slagoffer van ’n ongeluk wil wees nie, en jy wil ook nie verantwoordelik vir ’n ongeluk wees nie. Neem dus die besluit om nie te bestuur wanneer jy vaak is of alkohol gedrink het nie.

 

Die kenners by Tiger Wheel & Tyre het met dié gedagtes vorendag gekom wat jy as padgebruiker kan toepas.

 

Wat gaan jý doen om padveiligheid te help verseker?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak gereed vir die langpad

As jou motor gerieflik ingerig is, kan die reis net so prettig (wel, amper) soos die bestemming wees

Close