×
Skakel na Engels

Die 5 beste kruie om binnenshuis te kweek

’n Binnenshuise kruietuin kan jou kos én jou kombuis nuwe lewe gee

 

 

Elke kok het haar gunstelinge, maar ons het vyf kruie gekies wat vars gesnipper kan word en goed op jou kombuis se vensterbank sal aard:

 

1. PIETERSIELIE werk ewe goed vir geur en garnering. Franse platbaarpietersielie is sjefs se voorkeur.

 

2. KRUISEMENT gee ’n verfrissende smaak aan soet en sout geregte én drankies. Snipper dit oor baba-ertjies, wortels, lamstjops, jogurt of vrugte wat in skywe gesny is.

 

3. UIEGRAS het ’n delikate ui-smaak. Sprinkel fyngekapte uiegras oor eiers, sop, toebroodjies en slaai.

 

4. ORIGANUM gaan hand aan hand met pastas en pizzas, maar werk ewe goed saam met hoender, skaap- en beesvleis. Oppas dat jy nie dié plantjie te veel water gee nie.

 

5. BASILIE is ’n staatmaker in slaaie, pastas en alle kaas- en tamatiegereg- te. Om die meeste geur daaruit te kry, pasop vir oorvoeding en te veel water.

 

WENK: Maak jou lewe makliker en koop saailinge by jou supermark of kwekery!

 

 

LEES OOK:

Vergroot jou groente-oes

Wat jy móét hê om mee tuin te maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 super-eenvoudige idees vir aandete

Maak dié smullekker aandetes vir die hele week sommer tjoef-tjaf

Close