×
Skakel na Engels

Die 5 beste dinge om dié naweek in Kaapstad te doen

’n Prettige dag vir die hele gesin, komedie vir ’n goeie saak en ander goeie goed om jou naweek onvergeetlik te maak

1. LAG LEKKER

weekend_nik rabinowitz

WAT: Nik Rabinowitz se The Power Struggle in die Baxter

Die komediant Nik Rabinowitz se nuwe eenmanvertoning is ’n slim, snaakse kykie op die geskiedenis van krag (die energie, nie politieke mag nie) van die oerknal tot nou. Dié vertoning is nie net snaaks ter wille van snaaks wees nie, maar het ook ’n sterk boodskap.

Besonderhede: Baxter-teater. Die vertoning is tot 16 April aan die gang. Kaartjies kos vanaf R165.

Bespreek hier: www.computicket.com

2. BELEEF ’N PRETTIGE, INSIGGEWENDE DAG VIR DIE HELE GESIN

weekend_family fun_afr

Wat: Goeie Huishouding brightFuture-Gesinspretdag

Ons het Sondag ’n hele dag – van 11:00 tot 16:00 – vol wonderlike dinge vir die hele gesin beplan. Behalwe vir musiekkonserte deur twee van ons geliefkoosde plaaslike groepe, GoodLuck en TouchWood, het ons meer as 30 fantastiese aktiwiteite vir kinders wat hope wonderlike pryse insluit. Die geleentheid het ’n sterk eko-fokus – kinders sal dus leer terwyl hulle pret het – en hulle kan ook daar fantastiese pryse wen. Bring ’n piekniekkombers – jou kinders sal so besig wees om al die speletjies en aktiwiteite te geniet dat jy baie tyd sal hê om op die grasperk te ontspan!

Besonderhede: Backsberg-wynlandgoed. Sondag 10 April. 11:00 tot 16:00. Kaartjies kos R120 vir volwassenes; R20 vir kinders; gratis toegang vir kinders onder twee en pensioenarisse.

Bespreek hier: http://bit.ly/1TYjXUj

3. VIER FEES, DOEN INKOPIES EN GENIET MUSIEKOPTREDES

weekend_bay harbour

Wat: The Bay Harbour-mark in Houtbaai

Dit is ’n wonderlike plek om op ’n Vrydagaand saam met vriende te kuier. Die binnenshuise venue maak voorsiening vir meer as 80 handelaars en ’n groot verskeidenheid van heerlike kosstalletjies – en Vrydagaande beteken ook musiekoptredes. Hierdie Vrydag kan jy musiek van die alternatiewe folk-rock-trio Stone Jets geniet.

Besonderhede: Bay Harbour-mark, Houtbaai. Vrydag, 17:00 tot 21:00. Gratis toegang.

Nog inligting: www.bayharbour.co.za

4. KYK ’N FLIEK … ONDER DIE STERRE

weekend_the vintage experience

Wat: Mama Mia! Galileo-opelugteater, Century City

Watter fliek kan meer perfek vir ’n aandjie uit vir vriendinne wees? Kry jou vriendinne hierdie Saterdag bymekaar en besoek Central Park in Century City vir ’n saamsinggeleentheid. Jy kan kos en verversings daar kry, en jy kan komberse en rugleunings daar huur. Maar neem ’n warm baadjie en ’n serp saam – dit kan koud raak as die son eers onder is.

Besonderhede: Central Park, Century City. Hekke maak 18:00 oop. Vanaf R79.

Nog inligting: www.thegalileo.co.za

5. GAAN OP ’N VINTAGE-INKOPIETOG!

weekend_the galileo

War: The Vintage-inkopie-ekspo, Duitse Klub

As modes van toeka jou laat glimlag, sal jy The Vintage-inkopie-ekspo Saterdag geniet. Daar sal rakke vol van allerhande klassieke kopies en winskopies wees, asook kos en vermaak. Jy sal ook outydse snuisterye, strokiesboeke, vinielplate, boeke en juweliersware kan koop.

Besonderhede: Kaapstadse Duitse Klub, Tuine. 10:00 tot 15:00. 17:00 tot 22:00. Toegang R65.

Nog inligting: www.thevintageexperience.co.za

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kopkrapper-oplossings April 2016

Hier volg die antwoorde van die kopkrappers wat in ons Maart-uitgawe verskyn het

Close