×
Skakel na Engels

Die 5 beste boeremarkte in en om Kaapstad

’n Mark is ’n heerlike manier om tyd saam met jou vriende en familie deur te bring

Met die Kaap se panoramiese uitsigte en heerlike kos is ’n mark die ideale manier om ’n ontspanne tyd saam met vriende en familie deur te bring. Hier is die beste markte in Kaapstad en die omliggende gebiede:

1. Root 44 in Stellenbosch

 

A post shared by Alana Johns (@alanaj27) on

Wil jy die gewoel en gewerskaf van die stad vir ’n rustiger, skilderagtige plek verruil? Die Root 44-mark is op Audacia, een van die verskeie wynplase in Stellenbosch, geleë. Die mark is ideaal vir enige iemand wat graag deur huisware- en handwerkstalletjies snuffel. Geniet van die lewende vermaak terwyl jy heerlike kos eet en boetiekbier en plaaslike wyne drink.

Plek: Root 44-mark, Audacia, Hoek van die R44 en die Annandalepad, Stellenbosch

2. Die Neighbourgoods-mark

Hierdie gewilde mark is waarskynlik die oorsprong van al die ander markte! Berei jou voor op meer as 100 verkopers wat van die plaaslike boere se beste produkte van die hand sit. En maak jou reg om deur die heerlike geregte en produkte van plaaslike boere, slagters, organiese handelaars en plaaslike sjefs verlei te word.

Maar daar wag meer as net eetgoed – wees ook op die uitkyk na hoogmode-klere en bykomstighede!

Plek: The Neighbourgoods Market, The Old Biscuit Mill, Albertweg 373, Woodstock

3. Franschhoek Village-mark

Dis nie net die wyn en die berge wat ons na die skilderagtige Franschhoek toe lok nie; dit is ook die ongelooflike eetgoed! Die Franschhoek Village-mark is ’n ervaring van die varsste plaaslike produkte, heerlikste kos en ’n gesellige gemeenskapsgevoel. Moenie die lekker gemmerbier en boetiekbier misloop nie!

PlekFranschhoek Village-markHugenootstraat 29, Franschhoek

4. Die Vineyard Oval-mark

 

A post shared by Cedric|Harvey (@cedric.harvey) on

Kan jy nie tot die naweek wag nie? Die Vineyard Oval-mark word Woensdagaande gehou en is ’n heerlike midweek-uitstappe vir die hele gesin. Met springkastele en spookasemstasies is daar heelwat vir jou kinders te doen. Jy kan ook uitsien na heerlike versnaperinge, kos en drinkgoed.

Plek: Kenilworth-renbaan, Wettonweg, Kenilworth

5. Die Truth Timeless-mark

 

A post shared by THE FAVOURITEST (@the_favouritest) on

Dit is die perfekte mark vir vintage-liefhebbers en mense wat af en toe na ’n cool “nuwe” retro-uitrusting soek. Nooi ’n paar vriendinne om ná werk saam met jou deur die mark se vintage-klere te snuffel en van die verskeie kostrokkies se eetgoed te geniet. Die plekgeld van R50 sluit ’n verwelkomingsdrankie in. Maak nou al ’n aantekening van die 5de April 2017 wanneer die volgende mark gehou word.

Plek: Buitenkantstraat 36, Kaapstad

FOTO: iStock/julief514

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief