×
Skakel na Engels

Die 4 liggaamsvorms en die klere wat dit vlei

As jy weet wat jou liggaamsvorm is, kan dit jou help om reg aan te trek!

Jy hoef nooit weer voor ’n kas vol klere te staan met niks om aan te trek nie. Elke vrou behoort te weet wat haar liggaamsvorm is! Dit help met eenvoudige goedjies soos om soggens aan te trek of ’n uitrusting te kies as jy die aand uitgaan. Kyk hier onder om uit te vind wat jou liggaamsvorm is:

  1. Die appelvormige figuur
  • Vol boarms
  • Gemiddelde tot groot borsmaat
  • Geen gedefinieerde middel nie
  • Plat sitvlak

Vroue met ’n appelvormige figuur moet die boonste deel van hul liggaam langer laat lyk. Donker tops en T-hemde met ’n V-nek of uitgeholde halslyn is goeie keuses. Kies driekwartmoue om die aandag van jou boarms af te lei. Stewelpyp- of regaf jeans is ’n goeie keuse om jou silhoeët te balanseer. A-lyn-rokke werk goed vir hierdie vorm en as jy jou baadjies of truie met ’n belt inneem, sal dit die illusie van ’n middel skep.

  1. Die peervormige figuur
  • Breë heupe
  • Welgevormde middel
  • Smal skouers

Vir peervormige vroue is die doel om jou heupe en bobene kleiner te laat lyk en die aandag op jou bolyf te vestig. Maniere waarop jy dit kan regkry, is om donkerder kleure aan die onderste helfte van jou lyf te dra. Tops met detail of wat volume het, soos pofmoue of valle, sal die aandag van die onderste helfte van jou lyf weglei.

  1. Die uurglasfiguur
  • Medium tot groot borste
  • Welgevormde bene
  • Gedefinieerde middel
  • Proporsionele heupe en bobene

Die uurglasvrou is mooi gevorm op al die regte plekke en moet daarna mik om klere te dra wat dit aksentueer. Oorvou-tops, knooptruie en enige iets met ’n belt is goeie keuses! Potloodrompe en jeans met ’n hoë middellyf sal al die regte plekke beklemtoon.

  1. Die reghoekige figuur
  • Dun bene
  • Breë rug
  • Klein borste
  • Geen middel nie

Klerekeuses wat goed vir die reghoekige liggaamsvorm sal werk, is tops wat sag is en drapeer, en in ’n asimmetriese styl. Rompe met ’n hoë middellyf en plooie is ideaal vir hierdie vorm, en jeans is nie beperk tot enige spesifieke styl nie. Onthou net om klere te kies wat vorm sal gee en nie bokserig is nie!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
My Perfume Shop

Kry jou gunstelingparfuums by hierdie aanlynwinkel vir tot 40% goedkoper as die kleinhandelsprys! Deur Leah van Deventer

Close