×
Skakel na Engels

Die 10%-truuk

Wil jy slanker wees, meer energie hê en langer leef? Probeer dié 10 truuks om ’n verskil te maak – begin vandag

 

 

1. VERLOOR 10% VAN JOU LIGGAAMSMASSA

 

As jy 1,68 m lank is en 73 kg weeg, sal net 10% (7,3 kg) wat jy afskud, jou van die ‘oorgewig’- kategorie na die normale liggaamsmassa-indeks toe oorskuif.

 

As jy daarna mik om weekliks 1% van jou liggaamsgewig te verloor, sal jy binne twee tot drie maande 10% verloor – as jy 70 kg geweeg het, is dit ’n hele roknommer.

 

 

 

2. OEFEN 10% MEER

 

Selfs al sit jy heeldag, verbrand jou liggaam steeds minstens 4 200 kJ per dag (afhangende van jou gewig en ouderdom).

 

Deur dit dus ’n 10%-hupstoot te gee, beteken ’n verdere 420 kJ word afgeskud – en jy kan dit regkry deur vir 28 minute met Brutus te gaan stap, die gras vir 14 minute te sny of vir 15 minute trappe op en af te klim.

 

 

 

3. LAG VIR 10 MINUTE

 

Lag laat jou maagspiere saamtrek en versnel jou hartklop en asemhaling sodat jy jou suurstofinname verhoog – dink daaraan as draf op die rusbank.

 

Wanneer jy na ’n komedie kyk, verbrand jy 10% tot 20% meer kilojoules as met ’n gewone TV-program of fliek. Jy kan tot 168 kJ verbrand deur 15 minute se ligsinnige pret.

 

 

 

4. VERHOOG JOU VRUGTE- EN GROENTE-INNAME MET 10%

 

As jy aan ses ekstra aarbeie of die helfte van ’n groot wortel peusel, sal jy jou inname tot sowat 10% bo die aanbevole riglyn – nege halfkoppies varsprodukte per dag – verhoog.

 

 

 

5. VERMINDER JOU NATRIUMINNAME MET 10%

 

Stadig met die sout: Maak jou eie pastasouse, kies sop met ’n lae natriuminhoud of verruil geblikte groente vir vars of bevrore soorte. Jy sal jou inname met minstens 400 mg per dag verminder.

 

 

 

6. VERLAAG JOU BLOEDDRUK MET 10 PUNTE

 

Deur minder sout te eet en meer te oefen sal jy van nature gewig verloor – en dit verlaag jou bloeddruk. Jy kan verwag dat jou bloeddruk met een punt sal daal vir elke 450 g wat jy verloor.

 

 

 

7. VERBRUIK 10% VET

 

5% to 10% van jou daaglikse kilojoules behoort van omega 6-vetsure te kom. Vervang versadigde vette soos botter deur olie soos sonneblomolie. Maar onthou dat olie baie kilojoules bevat – twee eetlepels is genoeg.

 

 

 

8. DRINK 10% MINDER KOELDRANK

 

Drink liewer water as twee blikkies gaskoeldrank met suiker en jy sal 1 008 kJ wen op ’n daaglikse inname van 8 400 kJ.

 

 

 

9. SLAAP 10% MEER

 

Mense wat minder as sewe uur per nag slaap, is byna drie keer meer geneig as uitgeruste mense om verkoue te kry.

 

Indien jy gewoonlik sewe uur se nagrus inkry, probeer dan om 40 minute vroeër te gaan inkruip sodat jy sowat 10% meer slaap inkry.

 

 

 

10. DUT VIR 10 MINUTE

 

As jy gisternag nie genoeg geslaap het nie, gaan dut vir 10 minute.

Beperk jou slapie tot 10 minute sodat jy verkwik wakker word. Volgens ’n Australiese studie het mense wat vir 20 of 30 minute gerus het, stadiger aan die gang gekom.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat hulle geëet het

In verlede week is die resultate van ’n studie uitgereik waarin LKHV- en HKLV-diëte vergelyk is. Wonder jy wat op...

Close