×
Skakel na Engels

Die 10 goue reëls van orde skep

Met die nuwe jaar net om die draai is dit die ideale tyd om jou huis uit te sorteer. Skop 2013 met ’n aan die kant huis af

1 Maak netjies so in die loop van jou dag

2 Sit 15 minute net vir regpak opsy

Dit maak ’n reuse-verskil.

3 Dink goed voor jy koop

Onderneem om ’n versigtige verbruiker te word en niks onnodigs te koop nie.

4 Skryf neer

Maak ’n lysie van al jou ergste opgaarplekke en besluit dan in watter volgorde jy dit gaan takel.

5 Begin klein

Pak een laai op ’n slag reg – nie sommer dadelik die hele vertrek nie.

6 Plaas jou opgaargoed in kategorieë

Wy ’n laai toe aan geskenkpapier en linte; ’n mooi boks aan skryfgoed; ’n rak aan al jou lappe.

7 Maak jou gesin…

vir hul eie goed verantwoordelik. Staan elke ses maande ’n middag af om saam met jou kinders deur al hul goed te gaan en uit te gooi wat oorbodig is.

8 Bewaar jou herinneringe

Kies ’n boks of kassie vir elke gesinslid en bêre skoolrapporte, koerantuitknipsels, fotoalbums, kaartjies of ander klein skatte daarin.

9 Wees eerlik

As jy nie aan iets verknog is nie, gee dit vir iemand wat dit wel sal waardeer of nodig het.

10 Moenie oorboord gaan nie

Onthou, jy skep ’n tuiste, nie ’n skouhuis nie.

Bron: Goeie Huishouding Januarie/Februarie 2012

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat om te pak

Om vir 'n vakansie te pak, kan stresvol wees. Laai ons inpaklysie af, druk dit uit en hou dit byderhand...

Close