×
Skakel na Engels

Dermalogica & joinFITE span kragte saam vir Mandeladag

Dermalogica & joinFITE doen ’n beroep op die globale samelewing om op Mandeladag terug te gee. Doen jou deel deur mikrolenings te help toewys om só vroulike entrepreneurs te bemagtig

Op 18 Julie 2012 gaan Dermalogica en joinFITE die Mandeladag-uitdaging aanvaar ter ere van Nelson Mandela en die 67 jaar wat hy aan die bevordering van menseregte toegewy het. Die Mandeladag-uitdaging doen ’n beroep op individue van oraloor om op 18 Julie tyd af te staan om hul deel te doen om ’n verandering in die lewe van ander te bewerkstellig.

 

joinFITE doen ’n beroep op individue regoor die wêreld om terug te gee en ’n skepper van verandering te wees deur te help om 670 mikrolenings toe te wys. Daar is geen koste aan verbonde vir die individue nie. Hulle word eerder gevra om joinFITE.org te besoek om ’n lening wat deur Dermalogica befonds word, toe te wys. Nadat hulle die profiel gesien het van waarvoor die entrepreneur haar lening sal gebruik, kan hulle die individuele vrou aanwys wat hulle graag wil bemagtig. joinFite, wat in 2011 gestig is, het reeds gehelp om meer as 14,000 mikrolenings vir vroue in meer as 60 lande wêreldwyd te befonds. Hul mikpunt is om nog meer lenings op 18 Julie 2012 toe te wys.

 

“Mandeladag is ’n oproep tot aksie vir mense oraloor om die verantwoordelikheid te aanvaar om die wêreld ten goede te verander, treevir tree, net soos mnr. Mandela dit gedoen het,” sê Jane Wurwand, die stigter van Dermalogica en joinFITE.

Besoek www.joinFITE.org/MandelaDay om ’n lening toe te wys ter viering van Mandeladag.

 

Meer omtrent joinFITE

joinFITE (Financial Independence Through Entrepreneurship), wat deur Kiva.org bedryf word en deur Dermalogica gesteun word, is ’n mikrolening-platform om vroue te help om hul eie sakeondernemings te begin of op te bou en sodoende hulself en hul gemeenskappe te help om finansieel onafhanklik te raak. Om die mees onlangse impak op die aantal entrepreneurs wat reeds bemagtig is, te sien, besoek gerus www.joinfite.org of www.facebook.com/joinFITE.

 

Meer omtrent Dermalogica®

Dermalogica® het ’n ommekeer in die velsorgbedryf teweeggebring toe die maatskappy in 1986 die mark betree het met innoverende formules. Vandag is Dermalogica die professionele velsorg-handelsmerk wat wêreldwyd die meeste in aanvraag is, met produkte wat tans op aanbeveling van gekwalifiseerde velterapeute in meer as 80 lande by meer as 25,000 velbehandelingsentrums, spa’s of skoonheidsalonne verkoop word. Vir meer inligting oor Dermalogica® en die konsepte agter die handelsmerk, besoek www.dermalogica.com.

 

Meer omtrent Kiva.org

Kiva.org is ’n organisasie sonder winsbejag met die missie om mense by mekaar uit te bring deur lenings toe te staan om armoede te verlig. Vind meer hieroor uit.

 

Vir verdere besonderhede oor hoe jý op Mandeladag ’n verskil kan maak, kontak Sonette by 011 268 0018 of pr@dermalogica.co.za.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vyf vleiende modestaatmakers

Klere wat op ’n strategiese manier verslankend is en só ontwerp is om weg te steek en te kamoefleer, kan...

Close