Jare lank al regeer denim die loopplanke met van noupypjeans tot kêreljeans en klokpypjeans – en nou is daar ’n nuwe neiging wat modeslawe met ’n liefde vir kleur gaande sal hê. Dis reg, denimbroeke met borduurdetail, ’n modetreffer in die 90’s, is terug. En is ons opgewonde!
Denimbroeke met borduurdetail – van skoenlappers tot sterre – was ’n groot tendens onder tieners, maar dié seisoen is daar (gelukkig) iets meer volwasse vir aanhangers van borduurdetail: verwikkelde patrone en treffende blomme.
Op die loopplanke was Gucci vanjaar die voorloper met geborduurde denim, afgerond met ’n top met blinkerdetail en ontwerperstewels. Jy kan natuurlik ’n meer informele voorkoms kies met ’n eenvoudige top en skoene, en só jou jeans die praatwerk laat doen.
Gaan maak ’n draai in die winkels; daar is dié seisoen die mooiste denimbroeke met borduurdetail. Hier is solank ’n paar van ons gunstelinge …
1. Ligte denim
2. Donker denim
4. Wit denim
Van: Goodhousekeeping UK
FOTO: iStock/MosayMay